Lojale SAPD-lid se skielike dood skok

Lojale SAPD-lid se skielike dood skok

Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van ‘n geliefde 40-jarige kollega van die Gansbaai SAPD Uniformtak.

Toe sers Henry Marais nie Dinsdagoggend vir sy skof opdaag nie, het sy kollegas na sy tydelike woonplek in Perlemoenbaai gery om te gaan kyk waar hy is.  Dit was buite sy aard om laat te wees.

Sers Marais is in ‘n ernstige toestand aangetref en die noodambulansdiens is ontbied. Hy is gestabiliseer en in die Hermanus MediClinic opgeneem.

Sers Marais is dieselfde nag oorlede. Die vermoede bestaan dat hy ‘n beroerte aanval gehad het, maar teen druktyd kon dit  nie bevestig word nie.

Henry het by sy ouma in Riviersonderend gebly, maar het ook ‘n tydelike woonplek in Perlemoenbaai gehad wanneer hy nie kans gesien het om heen en weer te ry nie.

Henry is reeds sedert  September 2003, bykans 14 jaar, deel van die Uniformtak in Gansbaai.  Hy is as student hier aangestel en op 28 Mei 2004 na die rang van konstabel bevorder. In Desember 2013 word hy bevorder na die rang van sersant waar hy in die Misdaadvoorkomingsafdeling werksaam was.

Henry het verskeie toekennings tydens sy diensjare ontvang, onder andere: 10 jaar diens (27 Januarie 2005); Sokker Wêreldbeker Ondersteuningsmedalje (31 Augustus 2012) en die SAPD Lojale Diensmedalje (17 September 2013).

Gedurende die FIFA sokker-toernooi was hy met spesiale dienste betrokke.

Henry was bekend as ‘n lojale, pligsgetroue, hulpvaardige en vriendelike polisieman en was deurgaans trots op sy netjiese uniform en werk.

Henry laat sy ouma en sy 3-jarige seuntjie, Hayden vir wie hy gelewe het na. Geen begrafnisreëlings kon nog bevestig word nie.

Geskokte en verslae SAPD-lede is diep emosioneel geraak deur sy onverwagse dood.

Kapt Gerda Groenewald het haar dank en waardering uitgespreek teenoor almal wat Dinsdag voor en na Henry se afsterwe betrokke was. 

Sy sê dat Henry ‘n groot leemte in Gansbaai se polisiestasie en gemeenskap laat.

Lojale SAPD-lid se skielike dood skok

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant