Balle gaan rol in Beaufort-Wes

Balle gaan rol in Beaufort-Wes

Gansbaai Courant

3 leerders van Gansbaai Academia, wat ook volwaardige lede is van Franskraal Rolbalklub is die afgelope naweek gekies om vir die Overstrand Rolbalstreek aan die Envar Buys toernooi in Beaufort-Wes deel te neem.

Hulle is Jonathan-Lee Davids, Ralph-Vino Richter en Lorenzo Geldenhuys. 

Die jaarlikse Envar Buys toernooi vind op 30 September en 9 Oktober plaas.  Die ander streke wat deelneem is Wynland, Weskus, Westelike Provinsie, Edenstreek en Sentraal Karoo.

Keuring

Die keuring om in die streekspan opgeneem te word, het die afgelope naweek tydens die Overstrand Rolbalstreek proewe vir o/15 en o/20 spelers in Swellendam plaasgevind. 

Spanne wat daar deelgeneem het is afkomstig van Gansbaai, Caledon, Bredasdorp, Swellendam en Barrydale.

Die Gansbaai-span se afrigter, Archie Chambers van Franskraal Rolbalklub is baie tevrede met hierdie jong spelers.  Akisha Johannes was die vierde en enigste damespanlid. 

Spelers is in 3 oefengroepe opgedeel wat elk 10 koppe gespeel het.  Spel is deurentyd beoordeel om die Overstrand-span saam te stel.

Die leerders van Gansbaai Academia het sowat ‘n jaar gelede aan die spel begin deelneem. 

Klubkampioenskappe

Franskraal Rolbalklub bied gedurende September hul klubkampioenskappe aan en die publiek is welkom om spelers te ondersteun.

Spel vind Dinsdae, Woensdae en sommige Saterdae vanaf 09:00 plaas.

Vriendskaplik

n Vriendskaplike wedstryd teen Plumstead vind Saterdag, 16 September op die plaaslike bane plaas.  Belangstellendes is welkom om dit by te woon vanaf 09:00.

Walvis Classic

Die volgende groot toernooi, die Walvis Classic word Vrydag 1 en 2 Desember gespeel.

24 spanne word verwag en 3 wedstryde met 15 koppe per dag word oor die 2 dae gespeel.

Sosiale spel

Belangstellendes is welkom om deel te neem aan die sosiale spel wat Dinsdae, Woensdae en Saterdae gespeel word. 

Balle gaan rol in Beaufort-Wes

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant