Straatfotografie is dokumentering van die mens

Straatfotografie is dokumentering van die mens

Gansbaai Courant

Die wyse woorde oor straatfotografie, “street photography is documenting humanity”, is deur die wêreldbekende straatfotograaf, Eric Kim, kwytgeraak.

Straatfotografie was die tema van Gansbaai Fotografieklub se byeenkoms wat Maandag, 4 September 2017 in Groeneweide Restaurant gehou is.

Twee van die klub se staatmakers, Marc en Veronica (voorsitter) du Plessis, het self die opleidingsessie aangebied.

 ‘Mens’-fotografie

 Marc het op die kuns om mense af te neem (people photography) tydens sy deel van die opleidingsessie gefokus.

“Moenie te veel wonder wat straatfotografie is of nie is nie,” het hy gesê. “Die belangrikste aspekte is ‘n sterk skeppende inslag (creating powerful), ‘n dwingende inslag (compelling) en emosionele foto’s (emotional images).”

Foto’s moet ook met ‘n perfekte en vinnige tydsbereking geneem word om suksesvol te kan wees.    

Straatfotografie 

Veronica se aanbieding van straatfotografie het die belangrikheid om  in mense belang te stel, beklemtoon.

“Eric Kim het gesê: ‘Street photography is documenting humanity’”, het Veronica gesê.

Sy het ook daarna verwys dat elke fotograaf sy/haar eie redes het waarom hulle in straatfotografie belangstel.

“Onder andere dwing dit die fotograaf uit sy gemaksone, dit is avontuurlik en dit bied ‘n beter uitkyk op die lewe rondom jou.”

Die belangrikheid van steelfotografie (candid camera) teenoor straatfotografie is ook deur haar beklemtoon, waar toestemming in die eerste geval nie gevra word nie, maar wel in die tweede geval, indien nodig.

Straatfotografie is dokumentering van die mens

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant