Laerskole beveg rommel skouer aan skouer

Laerskole beveg rommel skouer aan skouer

Gansbaai Courant

Vrywillige leerders van Laerskool Gansbaai en Gansbaai Primêr het Internasionale Kusskoonmaakdag benut om hul kragte saam te snoer om sodoende te wys dat hulle omgee vir die bedreigde natuur.

Christoff Longland, koördineerder van die ekspedisie, vertel dat die idee was om die leerders te laat deelneem aan die skoonmaak van die kuslyn, maar ook om ‘n bewustheid te skep van hoeveel rommel op die kuslyn gegooi en uitgespoel word.

Die leerders het die strandgedeelte vanaf Kleinbaai hawe tot by die T-aansluiting na Dangerpoint skoongemaak.

“Hoe meer rommel hulle opgetel het, hoe meer opgewonde het hulle geraak,” vertel Christoff. “Hulle is in groepies van twee opgedeel, met een wat alles wat opgetel word, moes aanteken sodat die inligting later op ‘n databasis geplaas kon word.”

Die leerders het veral ‘n groot hoeveelheid sigaretstompies opgetel, asook vislyne, koeldrankbottels en koeldrankbottelproppies.

Christoff is baie dankbaar teenoor Grootbos Privaat Natuurreservaat vir die vervoer, asook die twee onderwyseresse wat hom bygestaan het: Marlette Longland en me Sauls, maar dit is veral die leerders wat van die dag ‘n sukses gemaak het met hul bereidwilligheid om te help.

Laerskole beveg rommel skouer aan skouer

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant