Nisboer-reeks stimuleer werkskepping

Nisboer-reeks stimuleer werkskepping

Gansbaai Courant

Nisboere: Hoe ‘n bietjie inspirasie en ‘n klein stukkie grond ‘n enorme verskil kan maak. Die landboureus Laeveld Agrochem se reeks Nisboere is pas op VIA DStv Kanaal 147 begin uitsaai. 

“Die oorhoofse doelstellings van die reeks is die depolitisering van landbou en die stimulering van werkskepping,” sê Corné Liebenberg, bemarkingsdirekteur.

 “En die boodskap wat ons wil oordra, is dat enigiemand met ‘n bietjie inspirasie, baie passie en ‘n klein nis, ‘n betekenisvolle en volhoubare bestaan kan skep.”

In die loop van 15 episodes besoek aanbieders Anrich Herbst, Chris de Clerq en Simonia Magardie klein en ongewone boerderye  regoor die land en bied praktiese advies aan kykers wat moontlik self daarin belangstel om ‘n kleinskaalse boerdery op die been te bring. 

Die boerderye wat tydens die eerste reeks besoek word, dek alles van eksotiese sampioene, diskusvisse en alpakkas tot truffels, perlemoen en laventel.

Magardie was nie net beïndruk met die diversiteit wat die span ervaar het nie. “Wat werklik inspirerend was, was die hoop en inspirasie wat uit elke boerdery spruit. Baie keer is so 'n boerdery uit ‘n posisie van wanhoop gebore, maar met toewyding en innovasie tot ‘n sukses omskep”, sê sy.

Hoewel meeste van die eerste reeks reeds se 45 verskillende tipes boerderye reeds gevind is, kan enige Suid-Afrikaner met ‘n nis- of ongewone tipe boerdery, wat graag op Nisboere wil verskyn, hul storie en besonderhede indien op die “Wees op Nisboere”-bladsy van die webwerf.

Nisboer-reeks stimuleer werkskepping

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant