Nagtelike buurtwagritte lei tot sukses

Nagtelike buurtwagritte lei tot sukses

Gansbaai Courant

Die AfriForum-buurtwag in Gansbaai het Dinsdagaand, 12 September 2017, tydens ’n patrollie ’n motorfiets opgespoor wat die vorige Sondag by die Gansbaai-polisie gesteel is.

Johan Pieterse, voorsitter van AfriForum se Gansbaai-buurtwag vertel: “Ons patrolleerders het Dinsdagaand omstreeks 22:00 ’n man gewaar wat sonder ’n valhelm op ’n motorfiets rondry. Hulle het hom dopgehou en hom later in Kusweg genader waar hy langs die motorfiets gesit het. Die buurtwag het die SAPD geskakel en hulle het die verdagte gearresteer en die motorfiets, wat aan kapt. Muneeb Africa van die plaaslike polisiestasie behoort, gekonfiskeer,”

“AfriForum is baie trots op die buurtwagte van die groter Gansbaai-gebied wat sedert hul stigting al verskeie suksesse behaal het.

Hierdie sukses is weereens ’n bewys van die welslae wat behaal kan word indien die gemeenskap betrokke raak en saam met die SAPD werk,” sê Elmarie van Dalen, voorsitter van AfriForum se Overstrand-tak.

“Die verdagte word volgens sy ouers al vir ’n paar dae van sy ouerhuis vermis en hulle is baie verlig dat die buurtwag hom opgespoor het,” sê Thomas van Dalen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Wes-Kaap.

Sluit vandag nog by ’n buurtwag in die Overstrand-gebied aan: skakel Elmarie van Dalen by 079 366 1000.

Nagtelike buurtwagritte lei tot sukses

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant