Gansbaai Courant

ABSA OTM weer geteiken

ABSA OTM weer geteiken

Gansbaai Courant

Op 17 Oktober 2013 het Francois de Jongh in Gansbaai Courant geskryf dat die kitsbank by ABSA bank deur ‘n kloondief geteiken word, met duisende rande wat reeds van kliënte gesteel is. Spr Kapt Danie Rautenbach het toe gemeld dat daar reeds sowat 6 gevalle by Gansbaai SAPD aangemeld was. Op 27 November het Chantell Buys van Gansbaai ook onder kloondiewe deurgeloop, maar sy was gelukkig genoeg dat geen finansiële skade gelei is nie.
“Toe ek voor die OTM gaan staan, het dit vir my gelyk of daar nog ‘n onvoltooide transaksie aan die gang was, met die skerm in Xhosa,” sê Chantell. Sy het omgedraai vir ‘n ander teller toe ‘n man vir haar sê dat sy net die kanseleer-sleutel op die skerm moet druk. Sy het dit gedoen, waarop die man langs haar kom staan het en aan haar verduidelik het watter sleutels sy alles moet druk. “Ek het ongemaklik begin voel, maar my kaart was in die masjien en hy het sleutels begin druk, waarna my kaart uitgekom het.” Haar kaart is uit haar hand geneem, onder sy beursie gesit en weer aan haar teruggee om die pin in te sleutel. Sy het dit gedoen, maar die aksie met haar ander hand toegehou en toe hy weer inmeng, het sy na haar motor geloop. Sy het egter summier teruggegaan en die gebeure aan die bestuurder gerapporteer. “My kaart is gestop en met ‘n nuwe een vervang, met ABSA se vriendelike personeel wat my selfs ‘n koppie tee aangebied het,” sê Chantell. Gansbaai SAPD is ontbied en daar is na die gebeure op die sekuriteitskamera gekyk. Die optrede deur die 3-4 Xhosa mans is besigtig, asook hulle vooraf optrede teenoor twee ander persone, maar hul gesigte kon nie geïdentifiseer word nie. “As dit nie vir die vorige artikel oor die kaartklonery in Gansbaai Courant was nie, sou ek in my motor geklim en gery het en dan sou al my geld uit my rekening verdwyn het,”sê Chantell. Een van die vermeende kloondiewe is met behulp van foto’s uitgeken en is reeds deur Gansbaai SAPD gearresteer en die ondersoek duur voort. Konst Tsoananyana kan met enige inligting by 028-384-0201 geskakel word. “Baie dankie Gansbaai Courant vir die berig, ABSA vir hulle puik diens en Gansbaai SAPD vir hulle vinnige en professionele reaksie,” sê Chantell.
Hardus Botha

ABSA OTM weer geteiken

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant