Gansbaai Courant

Blog: Mans vermoor

Published: 02 January 2014
By:Gansbaai Courant

Op 21 Desember omstreeks 00:50 is 'n man noodlottig gewond nadat hy met 'n mes gesteek is en met 'n baksteen teen sy kop gekap is. Die voorval het te Klipfonteyn in Kleinbaai plaasgevind. 'n Argument het tussen die oorledene en die verdagte ontstaan waarop die verdagte hom met die mes gesteek en toe met die baksteen teen die kop geslaan het. Die verdagte is bekend maar is nog op vrye voet. Moordsaak word ondersoek. Enige inligting rakende die verdagte kan ondersoekbeampte, Adj Off Killian by 028 384 0201 gekontak word.
"Op dieselfde dag om 21:05 is 'n man van Blompark noodlottig gewond nadat hy met 'n mes in sy rug gesteek en toe met 'n baksteen teen die kop geslaan is. Die voorval het in Kampeerweg in Blompark plaasgevind. 'n Argument het tussen die oorledene en twee verdagtes ontstaan. Die oorledene het na bewering die verdagte se ma gevloek. Beide verdagtes is deur Konst Marais gearresteer en het reeds in die hof verskyn. Die verdagtes is beide minderjariges (14 en 17 jaar) en is in die sorg van hulle ouers geplaas," het A/O CW le Roux gesê.

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat
Published: 01 May 2014
By: Francois de Jongh

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoor...

Fraternal ontbyt
Published: 01 May 2014
By: Hardus Botha

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder le...

VLV Nuus
Published: 01 May 2014
By: Gansbaai Courant

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paas...

DA Shows Its Multi C...
Published: 01 May 2014
By: SSMA Fanie Krige

The misconception that the Democratic Alliance is ...