Gansbaai Courant

Blog: Burger aanvallers gevonnis

Published: 20 March 2014
By:Francois de Jongh

Riaan Burger, wat 4 jaar gelede ernstig by Montego’s aangerand is, se snymerke kan hier gesien word terwyl hy in die hospitaal behandel is.

Riaan Burger en sy eggenote, Sara, met Riaan se broer,  Coenraad vanaf KwaZulu-Natal, wat Riaan bygestaan het.

Twee mans wat daarvan aangekla was dat hulle 4 jaar gelede vir Riaan Burger by 'n kuierplek se parkeerterrein aangeval en halfblind gelaat het, is verlede Woensdag gevonnis.

Joachim van der Poll (25) en Gordon Otto (26) is daaraan skuldig bevind dat hulle vir Burger sonder rede wreed aangerand en met 'n bottelstuk in die gesig gesteek het. Hulle is kort na die voorval gearresteer, maar die verhoor is 'n paar keer uitgestel omdat Burger die afgelope 7 jaar reeds in London, Engeland, woon en teen groot staatskoste hierheen vervoer moes word.

Otto was ook vir 'n lang tydperk voortvlugtend op 'n ander saak. Hy het hom verlede jaar aan die polisie oorgegee en die saak kon toe weer hervat.

Riaan het weens die aanval sig in sy linkeroog verloor en moes noodgedwonge van werk verander. Hy was betrokke by die herstel van die buitekant van hoë geboue en afhanklik van driedimensionele sig. Riaan het tydens die voorval by sy ouers, Mariaan en wyle Kobus Burger, saam met sy vrou, Sara, en sy broer, Coenraad, in Franskraal gekuier.

Van der Poll het voorheen 'n pleitooreenkoms van selfverde-diging met die staat aangegaan nadat hy 'n man van Blompark met 'n mes doodgesteek het. Otto was ook vantevore aangekla van misdrywe wat met geweld verband hou. Landdros Retief het in sy uitspraak gesê dat Riaan in 'n fetus posisie gelê het terwyl die twee hom geskop het. Hy het om hulp geskree terwyl daar 'n oormag van sowat twaalf om hom gestaan het. Hy het dus nie 'n kans gestaan om homself te verdedig nie. Van der Poll is Woensdag tot R6000 boete en een jaar opgeskorte tronkstraf gevonnis. Otto het ook tot 'n jaar opgeskorte tronkstraf en 'n boete van R4000 ontvang.

"My kind het sy oog verloor en kon vir 6 maande nie werk nie. Hy het ook kontrakte, onder andere om 'n olimpiese stadion te help bou, verloor. Maar wat kry sy aanvallers – 'n soen op die vingers – dis al," het Riaan se ma, Mariaan, na vonnisoplegging gesê.                                

Francois de Jongh

 Riaan tydens 'n werkkontrak besig met herstelwerk aan die buitekant van 'n hoë gebou

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat
Published: 01 May 2014
By: Francois de Jongh

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoor...

Fraternal ontbyt
Published: 01 May 2014
By: Hardus Botha

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder le...

VLV Nuus
Published: 01 May 2014
By: Gansbaai Courant

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paas...

DA Shows Its Multi C...
Published: 01 May 2014
By: SSMA Fanie Krige

The misconception that the Democratic Alliance is ...