Gansbaai Courant

Blog: BRANDE BRING ONVOORSIENE EN ONVERMYDELIKE KOSTE

Published: 07 February 2013
By:Fanie Krige

Onvoorsienbare en onvermybare uitgawes wat verband gehou het met die bestryding van brande waarvoor daar nie voorsiening op die huidige bedryfsbegroting gemaak was nie, is op versoek van die Munisipale Bestuurder, mnr Coenie Groenewald deur sowel die waarnemende Burgemeester Pieter Scholtz, as Burgemeester Nicolette Botha-Guthrie. goedgekeur.

Rhr Scholtz het die raadslede ingelig dat die brande einde Desember en middel Januarie in die omgewings van Hermanus en Pringlebaai van so ‘n ernstige aard was dat lug- en grondondersteuning van Working on Fire gebruik moes word. Die koste daarvan het tussen R600 000 en R900 000 beloop. Die munisipaliteit het intussen aansoek gedoen vir bystand vanaf die Wes-Kaapse Rampbestuursentrum. Indien dit toegestaan word, sal die bystand in die komende aanpassingsbegroting opgeneem word.  
Fanie Krige

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat
Published: 01 May 2014
By: Francois de Jongh

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoor...

Fraternal ontbyt
Published: 01 May 2014
By: Hardus Botha

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder le...

VLV Nuus
Published: 01 May 2014
By: Gansbaai Courant

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paas...

DA Shows Its Multi C...
Published: 01 May 2014
By: SSMA Fanie Krige

The misconception that the Democratic Alliance is ...