Gansbaai Courant

Fietstrauma ontvou

Fietstrauma ontvou

Gansbaai Courant

Desiree Doran wat tydens die Lighuis-tot-Lighuis Berg-fietswedren by Sopieshoogte aangeval is, ry hier op haar bergfiets, met haar twee Gansbaai weldoeners, Johan Hanekom (bo) en Tot Fourie (onder) op die inlasfoto's.

Die trauma wat Desiree Doran (47) tydens die Lions se Lighuis-tot-Lighuis Bergfietswedren op 16 Februarie 2013 ervaar het (Gansbaai Courant, Donderdag, 21 Februarie 2013), het nou finaal ontvou, met 'n mooi en ware omgee-verhaal van twee Gansbaaiers se bydrae. Desiree was van die laastes wat om 07:00 by Dangerpoint weggespring het en so teen 08:00 het sy alleen teen Sopieshoogte se moordende bult met haar bergfiets uitgespook. 'n Minderjarige seun (15) het haar van agteraf van haar fiets afgeruk. "Ek het hom geld en die fiets aangebied, as hy my net sou laat gaan," het 'n geskokte Desiree gesê. "Angs het my egter oorval toe hy my in die rigting van die bosse begin sleep en in brutale taal sê dat hy my gaan verkrag. Ek het nie vir 'n oomblik ophou veg nie, maar hy was te sterk vir my!" Dit blyk nou dat daar nog 4 deelnemers agter haar was. Een van hulle het haar fiets in die pad sien lê en in die rigting van die bosse gehardloop. Hy het op Desiree en haar aanvaller afgekom, waarna laasgenoemde weggehardloop het. "Ek het my skoonseun, James Bestbier wat ook 'n deelnemer was, se bakkie met sy bagasie bestuur," vertel Johan Hanekom van Franskraal. "Sowat 500m vanaf die plek waar die voorval plaasgevind het, het ek op die twee fietsryers afgekom terwyl hulle die fietse stoot." Hulle het my geskok vertel wat gebeur het en ek het Desiree met haar fiets opgelaai. Johan sê dit was vir hom 'n wonderwerk, aangesien hy nooit daardie pad na Elim ry nie, maar diè dag het hy besluit om dit wel te doen. Na mislukte pogings om by 'n polisiestasie uit te kom, het Johan na Agulhas gery waar hy deur die polisie by die wenstreep hulp gekry het. Johan en andere het Desiree rustig gekry en haar die hele tyd ondersteun en aan die gesels gehou.
Desiree is na Struisbaai SAPD geneem en daarna na Bredasdorp se hospitaal, sodat die skrape en kneusplekke op haar liggaam behandel kon word. Sy het ook berading ontvang. Later die dag het Johan sy vriend, Tot Fourie van Strandskloofpark oor die voorval geskakel, aangesien dit daar naby gebeur het. "Ná 'n beskrywing van die seun het ek dadelik onraad vermoed. Dit het geklink soos 'n plaaskind op 'n buurplaas wat verskeie kere verdag opgetree het. Ek het Gansbaai SAPD geskakel en het intussen na die plek waar ek geweet het die seun sou wees, gery," vertel Tot. Die seun het egter weggehardloop. Tot is later saam met die polisieman weer daarheen, waarna die seun gearresteer is," vertel Tot. Die voorval het ook wye en heftige reaksie op Face book tot gevolg gehad. 'n Polisiewoordvoerder het bevestig dat die seun daarna aan die Kinderbeskermings-eenheid (FCS) van Hermanus oorhandig is en dat borgtog geweier is. Hy is in 'n Plek van Veilige Bewaring opgeneem, waar hy steeds aangehou word. Sodoende het die twee Gansbaaiers, Johan en Tot, se optrede beslis 'n groot rol in Desiree se trauma gespeel. As gevolg van verlede week se berig, is Desiree en haar weldoener bymekaar uitgebring en kon Desiree vir die eerste keer haar opregte waardering aan hom oordra.                

Hardus Botha

 

Fietstrauma ontvou

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant