Gansbaai Courant

Blog: Man gearresteer vir perlemoen

Published: 02 May 2013
By:Francois de Jongh

 
Die wakker optrede van Sers Frans Groenewald van Gansbaai se SAPD het Vrydagmiddag tot die arrestasie van ‘n perlemoenkoerier gelei.
Sers Groenewald het tydens patrollie te Masakhane ‘n swaar gelaaide wit Hyundai motor opgemerk. Hy het die voertuig afgetrek om dit te deursoek. “Toe ek naderloop het ek perlemoen in die voertuig gesien. Ek wou die bestuur-der arresteer maar hy het hom verset. Ek het egter daarin geslaag om hom met die hulp van ‘n lid van die gemeenskap aan te keer,” het Groenewald gesê. Khenyiso Nokilana (36) is aangekla vir die besit van 5969 ontskulpte perlemoen en verset teen arrestasie.
Die verdagte het reeds in die hof verskyn en die saak is uitgestel vir verdere ondersoek.
Francois de Jongh

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat
Published: 01 May 2014
By: Francois de Jongh

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoor...

Fraternal ontbyt
Published: 01 May 2014
By: Hardus Botha

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder le...

VLV Nuus
Published: 01 May 2014
By: Gansbaai Courant

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paas...

DA Shows Its Multi C...
Published: 01 May 2014
By: SSMA Fanie Krige

The misconception that the Democratic Alliance is ...