Gansbaai Courant

Stortingsterrein goed bestuur

Stortingsterrein goed bestuur

Gansbaai Courant

Die stortingsterrein kry twee nuwe selle by en die werk vorder fluks. Regs is die werkers besig om ‘n sel uit te voer.

"Die voorbereiding van twee nuwe selle by die stortingsterrein vorder fluks, maar word by tye aan bande gelê deur reën," het Johan Genis, ingenieurstegnikus van die maatskappy, Jan Palm Consulting Engineers, Dinsdag op die perseel gesê.
Die stortingsterrein het met die sluiting van die distriksmunisipaliteit se Karwyderskraalterrein tussen Kleinmond en Hermanus swaar gebuk gegaan weens ‘n massiewe toename in stortingsmateriaal. Tans word al Hermanus en die omliggende kusdorpe van Kleinmond se afval daagliks met groot vrag-motors na Gansbaai aangery. ‘n Ooreenkoms oor Karwyderskraal is egter in die pyplyn en die Overstrand munisipale raad het pas goedkeuring verleen vir die sluiting van ‘n ooreenkoms met die Overbergdistriksmunisipaliteit en die Munisipaliteit Theewaterskloof oor die benutting van die Karwyderskraalstreekstortingsterrein vanaf 1 Julie 2014 teen bekostigbare tariewe, onderworpe aan opskortende voorwaardes. Die terrein is tans gesluit omdat finansiering nie gevind kon word vir die ontwikkeling van ‘n nuwe sel vir berging nie. Die ooreenkoms sal die distriksmunisipaliteit in staat stel om ‘n lening teen meer gunstige terme en voorwaardes te bekom, maar indien dit nie voor einde Oktober verwesentlik word nie, sal die ooreenkoms outomaties verval. As ‘n lening bekom word, sal dit gevolg word deur ‘n openbare deelnameproses om ‘n diensleweringsooreenkoms van langer as drie jaar te sluit. Indien dit nie suksesvol uitgevoer kan word nie, sal die ooreenkoms ook verval.
Intussen gaan die konstruksie van die nuwe selle in Gansbaai voort en sal ‘n uiters goed bestuurde stortingsterrein tot gevolg hê. Die moontlikheid van besoedeling sal ook op ‘n gereelde grondslag ekstern gemonitor word.
Volgens Genis  beslaan die twee nuwe selle ‘n area van 37000m² en 106,000m³ sand is daar uitgegrawe en word op die terrein gestoor om as bedekkingsmateriaal te dien. Alle vullis wat op ‘n dag gestort word moet voor die aand eers gekompakteer en daarna met ‘n laag van 150mm sand bedek word. Die groot sel het aan die berg se kant ‘n maksimum diepte van sowat 8 meter en die kleiner een 3 meter. As die gat vol is word die opvulling teen ‘n hoek van 45° verder opgevul tot ‘n maksimum hoogte van 15 meter.

Die klein sel no 1, die groot sel no 2 en die bestaande opvulling is no 3.


Die bodem van die sel is ver bo die grondwatertafel en die uitgrawings is kurkdroog. Om egter te verseker dat grond-waterbesoedeling nie plaasvind nie, word die selle se bodem en kante eers gekompakteer en daarna biljarttafelgelyk glad gemaak. Daarna word dit met ‘n geo sintetiese kleivoering bedek. Dié voering bestaan uit ‘n geweefde geotekstiellap as onderlaag. Die bo-laag bestaan uit ‘n nie-geweefde geotekstiellap en daar is ‘n laag bentunitepoeier tussen die twee. Dit is soos ‘n kleipoeier wat swel as water geabsorbeer word. Hierdie onderlaag word bedek met 20cm sand en dan met ‘n 100mm geocellbedekking gevul met sement gestabiliseerde sand wat enige erosie teen die uitgrawingshelling en bodem voorkom. Die gewig van die geocell en die 20cm sandlaag sorg dat die bentunitepoeier in die onderlaag as dit nat word horisontaal swel en 100% verdigting gee. Die stortingsterrein se lewensduur teen huidige gebruik maak voorsiening tot 2025/2026. As Karwyderskraal egter weer in gebruik tree sal net Gansbaai, Stanford en Pearly Beach se vullis hier gestort word en só die lewensduur daarvan baie verleng.
Die tonnemaat stortingsyfers vir Junie 2013 spreek vanself. Hermanus 1093.4, Voëlklip 390.4, Hawston 69.5 en Kleinmond 280.3. Dit is ‘n totaal van 1833.6 ton van buite.
Die gebied wat normaalweg Gansbaai se stortingsterrein gebruik is: Gansbaai 405.2, Pearly Beach 22.9, Stanford 72.4 en privaatlewering 390.4 ton. ‘n Totaal van 890.9 ton. Die Junie groottotaal van al die gebiede saam is dus 2,724.5 ton.                                          
Francois de Jongh

 

 

Stortingsterrein goed bestuur

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant