Gansbaai Courant

Blog: Hond vermoor

Published: 22 August 2013
By:Hardus Botha

Die begrip “dieremishandeling” kan in hierdie geval letterlik met “diere-moord” vervang word. Christelle Piek van Leeubekkiestraat 93 in Blompark se hond, ‘n wit teef kruising het verdwyn. Die hond is op 5 Augustus agter die woning van Joseph Arendse in Leeubekkiestraat 98, ‘n hanetree daarvandaan, gevind…..opgehang aan ‘n boom agter in die erf. Die hond is met ‘n oranje baaltou opgehang. Joseph sê dat hy niks gehoor of gesien het nie en was onbewus van die gru-voorval. BARC is gekontak, maar met Phillip Schreck se aankoms was die hond reeds dood. Die saak is by Gansbaai SAPD aangemeld en die ondersoekbeampte, Spr-konst Plaatjie, kan met enige inligting wat van hulp kan wees by 028-384-0201 gekontak word.

Hardus Botha

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat
Published: 01 May 2014
By: Francois de Jongh

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoor...

Fraternal ontbyt
Published: 01 May 2014
By: Hardus Botha

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder le...

VLV Nuus
Published: 01 May 2014
By: Gansbaai Courant

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paas...

DA Shows Its Multi C...
Published: 01 May 2014
By: SSMA Fanie Krige

The misconception that the Democratic Alliance is ...