Gansbaai Courant

ABSA OTM geteiken

ABSA OTM geteiken

Gansbaai Courant

'n Internet voorbeeld van hoe klein die skandeerder is wat deur kloondiewe gebruik word.

Die kitsbank by ABSA bank word die afgelope maand deur ‘n kloondief geteiken en duisende rande is reeds by die kliënte gesteel. "Daar is reeds 6 gevalle die afgelope maand by ons gerapporteer met die jongste voorval verlede week,” het Spr Kapt  Danie Rautenbach Dinsdag gesê. Volgens Rautenbach is die verdagte ‘n langerige, skraal, welgeklede swartman tussen die ouderdom van 30 en 40 jaar. Een van sy modus operandi is dat hy na vore tree om te help as jy jou kaart in die masjien insit en dit is asof die gleuf geblokkeer is. Hy druk dan ‘n paar knoppies en dan is die  masjien weer reg om die kaart te neem. Die kliënt doen dan ‘n normale transaksie net om ‘n paar dae later uit te vind dat daar geld in die Kaapse Skiereiland uit sy rekening onttrek is. Gewoonlik word die rekening totaal leeggemaak, al is daar ‘n plafon vir daaglikse onttrekking. Die kaart word in so ‘n geval oor ‘n paar dae gebruik totdat die rekening leeg is.
Die dief kloon jou kaart met ‘n klein skandeerder wat hy in sy hand weggesteek het. Jou kaart word deur die gleuf daarvan getrek, sy skandeerder lees en stoor die data wat op jou kaart se magnetiese band is. Al wat hy verder moet doen is om te kyk as jy jou pinkode insleutel en dan kan hy sy gekloonde kaart gebruik en jou besteel. Rautenbach waarsku die publiek om bedag te wees op mense wat jou kamstig by die OTM wil help en dan met kulkuns-hande jou kaart deur ‘n kloonmasjientjie trek. Hou ook altyd jou een hand bo-oor die een wat jy gebruik om die pin in te sleutel. “In party gevalle plak die dief ‘n skandeerder voor of in die kaartgleuf van die OTM en lees dan ook jou pinkode met ‘n versteekte kamera. Die publiek word versoek om die polisie in kennis te stel van enige verdagtes en verdagte voertuie wat in die omgewing van ABSA bank opgemerk word. Hulle moet ook by ander OTM’s versigtig wees” het Rautenbach gesê. Hy het bygevoeg dat die polisie tans in die proses is om die bank te dagvaar om die videomateriaal van die insidente aan die polisie beskikbaar te stel. Daar behoort dus binnekort fotomateriaal van die verdagte beskikbaar te wees. Kloning kom ook algemeen  in die Kaap voor en restaurantkelners word glo ook deur die sindikate gebruik. Die kelner kan bv jou kaart langs jou op die grond laat val en dit ongesiens deur ‘n skandeerder trek wat aan sy enkel vas is. Hy kan dan loer wat jou pinnommer is en dié inligting en die skandeerder aan die sindikaat verskaf vir so min as R50. Waaksaamheid is dus die wagwoord.
Francois de Jongh
 

ABSA OTM geteiken

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant