Gansbaai Courant

Huisrowery

Huisrowery

Gansbaai Courant

Gewelddadige inbrake, wat as huisroof bekendstaan, en gewone inbrake, waar mense wel tuis was maar nie bedreig is voordat die inbreker gevlug het nie, het nou ontstellende afmetings aangeneem. Die afgelope week was daar drie voorvalle in De Kelders en een in Kleinbaai. ‘n Huisrower het vroeg verlede Vrydagoggend by ‘n huis in De Kelders toegeslaan. Hy het deur ‘n skuifdeur toegang tot die huis in Bergstraat verkry en is deur die 72-jarige eienares binne betrap.
Hy het haar teen die kop geslaan en gevlug. “Die polisie is ontbied en toe Konst M Ntshidi en A Pieters op die toneel kom het hulle voetspore gewaar en dit in die rigting van die R43 gevolg. Hulle het kort daarna ‘n man voor hulle sien hardloop. Hy het ook ‘n sak,  wat hy by hom gehad het, neergegooi. Die twee polisiebeamptes het hom egter ingehardloop en gearresteer. Die items in die sak is verbind met die inbraak,” het die mediabeampte, A/O Wynand le Roux gesê.
In ‘n tweede voorval nie ver van die huisroof nie, het ‘n inbreker kort daarna ‘n veiligheidshek in Jubileestraat oopforseer en by die huis ingegaan. Hy het items begin vat maar is deur ‘n jong meisie, wat gedink het dat dit haar broer was wat binne rondbeweeg, betrap. Sy het hom gekonfronteer en gesê dat sy ‘n vuurwapen het en hom sou skiet. Die verdagte het toe gevlug maar is later sopnat van die reën in Masakhane gearresteer.
Sivuyile Gwebo het reeds in die hof verskyn vir die Bergstraat huisroof en Bonkinkosi Maqume vir die Jubileestraat inbraak. Die twee word saam met verskeie sake in die Overstrandgebied verbind en is van Hermanus.
Die huisroof in Kleinbaai was Dinsdagoggend toe ‘n swartr man om 06:00 ‘n houtdeur van ‘n woonstel in Duikerstraat oopgeforseer het. Die inwoner, wat kort tevore van sy nagskof teruggekeer het, het pas aan die slaap geraak toe hy deur ‘n geluid wakker gemaak is. Die inbreker was reeds langs hom en het ‘n mes teen sy nek gedruk en hom verder bedreig terwyl hy ‘n skootrekenaar, DVD-speler en selfoon gegryp het. Hy het daarna die hasepad gekies waarna die inwoner in sy bakkie gespring het om na hom te soek. Die inbreker kon egter nie gekry word nie en toe die man met sy bakkie terugkeer het hy die man in sy oprit sien wegstap van sy woonstel. Hy het hom na bewering met sy bakkie teen die erf se precast-grensmuur probeer vasdruk. Die man en die muur is platgery, maar die rower het onder die voertuig uitgekruip en hinke-pink ontvlug. Die polisie is ontbied en ‘n mensejag in die veld tussen Kleinbaai en die R43 het niks opgelewer nie.
In die vierde voorval het ‘n inwoner in Kilarneystraat, De Kelders, om 05:00 gehoor hoe iemand buite sy huis rondkrap. Hy het ‘n steelfoto van die verdagte geneem wat oomblikke later by sy buurman langsaan ingebreek het. Hy het ‘n skootrekenaar gegryp en dadelik op die vlug geslaan. Konst Henry Marais het die verdagte om 07:00 in Parkstraat opgemerk en gearresteer. Die verdagte is reeds 17 keer skuldig bevind op verskeie kriminele klagtes wat in die Oos-Kaap, Bellville en Gansbaai gelê is. Hy sal vandag in die hof verskyn.
Spr Kapt Danie Rautenbach versoek die publiek om waaksaam te wees en enige verdagte optredes aan die polisie te rapporteer.                                              

Francois de Jongh
 

Huisrowery

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant