Gansbaai Courant

Blog: Sindikaat prokureur aangekla

Published: 11 April 2013
By:Francois de Jongh

 


 

Die prokureur, Anthony Broadway (regs) saam met die ondersoekbeampte van die Hawks se Finansiële en Batebeslag-leggings Eenheid, Deon de Jager, tydens die borgaansoek.

Die verhoor van die beweerde “Barends” sindikaat het ‘n dramatiese wending geneem met die arrestasie van die prokureur, Anthony Broadway. Sy prokureursfirma was betrokke by die verteenwoordiging van die groepering gedurende die periode wat hulle bedrywig was.
Anthony Iver Broadway het in sy borgtogaansoek aangevoer dat hy nie ‘n vlugrisiko is nie. Volgens sy aansoek is hy ‘n Suid-Afrikaanse burger wat al oor ‘n lang tydperk as prokureur in die Wes-Kaap praktiseer. Hy het onderneem om nie enige staatsgetuies te kontak nie. Hy het in sy aansoek daarop gewys dat sy vervreemde vrou in die Verenigde Koninkryk bly en dat hy ‘n 18-jarige dogter en 8-jarige seun het wat onderhoud van hom ontvang. Volgens hom is hy daarvan bewus dat hy vir die volgende 5 jaar in howe sal moet veg en dat hy dit slegs met goeie regsverteenwoordiging kan doen. Hy sal dus by die Regsvereniging moet aansoek doen om verder as prokureur te praktiseer om inkomste te genereer. Volgens sy borgtogaansoek gaan hy onskuldig pleit en ervaar hy tans erge vernedering en verleentheid. Die hof het borgtog van R250 000 toegestaan. 
Volgens hofdokumente word Broadway as, aangeklaagde 30,  by die rampokkery perlemoensindikaat gevoeg. Hy word onder andere aangekla op verskeie klagtes van geldwassery, bedrog, versuim van registrasie by FIC (Financial Intelligence Centre), hulp aan ander om voordeel te trek uit opbrengste van kriminele aktiwiteite asook die versuim om suspisieuse of ongewone transaksies aan FIC te rapporteer. 
Die staat beweer ook dat Broadway sy prokureurstrustrekening gebruik het om opbrengs van misdaad tussen beleggers en Barends se besigheidsrekening te skuif. 
Die 30 aangeklaagdes van rampokkery sal op 12 April vir ‘n voorverhoordatum in die Hooggeregshof in Kaapstad verskyn. Prokureur Broadway is reeds by die groep gevoeg. Drie van die groepering het reeds skuldig gepleit en dien tans gevangenisstraf uit. Die vermeende Chinese meesterbrein, Ran Wei, is egter steeds op vrye voet en word internasionaal deur Interpol gesoek. Die groepering staar saam 590 klagtes in die gesig. Daar word verwag dat die verhoor etlike jare kan duur.                     
Francois de Jongh



 

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat
Published: 01 May 2014
By: Francois de Jongh

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoor...

Fraternal ontbyt
Published: 01 May 2014
By: Hardus Botha

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder le...

VLV Nuus
Published: 01 May 2014
By: Gansbaai Courant

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paas...

DA Shows Its Multi C...
Published: 01 May 2014
By: SSMA Fanie Krige

The misconception that the Democratic Alliance is ...