Gansbaai Courant

Barends borgtog geweier

Barends borgtog geweier

Gansbaai Courant

Frank Barends (regs), wat tans in aanhouding is vir beweerde perlemoensindikaatbedrywighede, wat geldwassery insluit, se borgaansoek is verlede Donderdag in die Kaapse Hooggeregshof afgekeur.
Barends is 2 jaar gelede gearresteer nadat hy sy borgtogvoorwaardes verbreek het.  ‘n  Perlemoenbesending van sy groepering is in die Vrystaat onderskep en Barends is deur getuies direk daarmee verbind en was self na bewering deel van die konfooi. Hy word tans in Goodwood Gevangenis aangehou. Hy staan saam met sy gewese prokureur, Anthony Broadway, wat verlede maand ook vir sy beweerde betrokkenheid by die sindikaat se geldwassery gearresteer is, en nog 28 sindikaatlede tereg.  ‘n  Verhoordatum is vir 26 Julie in die Kaapse Hooggeregs-hof vasgestel. Barends se verdediging het Donderdag tydens sy borgtog-aansoek aangevoer dat die mense in Blompark finansieel swaarkry en dat die staat se weiering om perlemoen- en viskwotas aan hul toe te staan hul geforseer het om perlemoen te stroop. Die ondersoekbeampte van die SAPD se Bate en Beslagleggings Eenheid, kapt Deon de Jager, het namens die staat borg teengestaan en onder andere aangevoer dat perlemoenstropery vanuit Blompark skerp afgeneem het sedert daar op die sindikaat toegeslaan en Barends in aanhouding is. Daar is ook in die hof getuig dat van Barends se mede-beskuldigdes in opdrag van hom by omkopery van getuies betrokke was terwyl hy in die gevangenis was. Barends het in sy borgtogaansoek  ‘n  adres in Bellville verskaf waar hy saam met Simone Lamond, met wie hy na bewering  ‘n  verhouding het, sou bly. Simone se pa, Willem Lamond, aan wie die huis behoort en self daar bly, is egter  ‘n  staatsgetuie in die saak teen Barends en die sindikaat en mag geen kontak met Barends hê nie.   Hy was self betrokke by die aktiwiteite van die sindikaat en kan as staatsgetuie vrywaring by die regter kry indien hy na bevrediging vir die staat getuig.
‘n  Petisie deur inwoners van Blompark wat vir sy borgvrylating vra is ook in die hof voorgelê. Die landdros het egter gesê dat dit lyk asof  ‘n  derde party betrokke is wat hulle voorgesê het want almal se trant is dieselfde. Dit klink ook soos  ‘n  regsgeleerde se taal. Regter Vincent Saldanha het in sy uitspraak gesê dat Barends se optrede tot dusver sy minagting vir die gereg en stelsel bewys en  ‘n  aanduiding is dat hy nie borgvoorwaardes sal nakom nie. Dit is die tweede onsuksesvolle borgtogaansoek deur Barends en hy bly in aanhouding.  
Francois de Jongh
 

Barends borgtog geweier

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant