Gansbaai Courant

Reeksmoordenaar sit lewenslank

Reeksmoordenaar sit lewenslank

Gansbaai Courant

‘n  Reeksmoordenaar en verkragter, Sandisile Makhaka (31)(regs), is verlede Donderdag deur Regter me Bhoqwana en twee assessore in die Kaapse Hooggeregshof tot 3 maal lewenslange gevangenisstraf plus ‘n  verdere 23 jaar gevonnis.
Sy terreurveldtog het tot die dood van twee vroue en ‘n  ongebore baba sowel as 3 verkragtings gelei. Die eerste aanval was in Oktober 2011 toe Nozukile Ntshose (22) in die bosse langs Brownstraat in Masakhane oorval en verkrag is. Sy is daarna volgens die nadoodse ondersoek verwurg. Haar liggaam is in ‘n  vlak graf met sand, dooie takke en blare bedek, maar haar kop het nog uitgesteek.  Sy was ten tye van die moord 6 maande swanger.  ‘n  Kondoom is op die toneel by haar liggaam gevind. Forensiese bewys-stukke is versamel en aan die forensiese eenheid se laboratorium vir ontleding gestuur.
Volgens die oorledene se kêrel het sy die middag om 15:00 naby hul blyplek die veld ingestap om, moontlik soos gewoonlik, te gaan hout maak.  Dit was die laaste keer dat sy lewend gesien is.
Toe sy teen 17:00 nog nie teruggekeer het nie, het haar kêrel bekommerd begin raak en haar op haar selfoon probeer skakel.  Sy het egter die foon by die huis laat lê en hy en ‘n  vriend het toe na haar in die veld gaan soek.  Hulle het op haar gedeeltelik begrawe liggaam afgekom en die polisie in kennis gestel.
Sowat ‘n  maand na die moord is ‘n  man in dieselfde omgewing gearresteer toe hy deur die publiek betrap is waar hy besig was om ‘n  vrou te verwurg.  Hy is aangekla vir verkragting en poging tot moord.  Die modus operandi wat deur hom gevolg is was dieselfde as tydens Ntshose se dood.  Hy is daaroor ondervra maar het enige betrokkenheid met haar dood ontken.  Hy het homself as Lunga Msengana geïdentifiseer maar daar is later deur sy vingerafdrukke bepaal dat dit ‘n  vals naam was. 
Die ondersoekbeampte, spr konst Thuso Tsoananyana, het egter ‘n  DNA-monster van hom laat neem en na die forensiese laboratorium gestuur.

Die speurders wat Makhakha vasgetrek het, Thuso Tsoananyana (links) en X Plaatjie.

Drie jaar later in Januarie 2010 is ‘n  DNA-verslag verkry wat Sandisile Makhaka, alias Lunga Msengana, positief verbind het met semen wat op Ntshose se broekie by die moordtoneel gevind is.
‘n  Lasbrief vir sy arrestasie is gevolglik bekom en Tsoananyana het met goeie speurvernuf die verdagte se bewegings bekom.  Tsoananyana was ook baie betrokke met die reëings wat daartoe gelei het dat die verdagte in die Oos-Kaap gearresteer is.  ‘n  Moontlike verbintenis van die verdagte met nog ‘n  soortgelyke moord in die Transkei met dieselfde modus operandi  is daar ondersoek.  Makhaka het in die Oos-Kaap in die landdroshof in Zwelitsha op ‘n  aanklag van moord verskyn.  Hy is na Gansbaai oorgeplaas om in Hermanus se Landdroshof te verskyn.  Die streekshofstaatsaanklaer het egter die volgende week in Hermanus die saak, weens ‘n  fout aan haar kant, uitgegooi. ‘n  Lasbrief is toe weer vir sy inhegtenisname uitgereik maar hy was reeds terug in die Oos-Kaap en daar is vrugteloos na hom gesoek.
‘n  Lasbrief vir sy arrestasie is gevolglik bekom en Tsoananyana het met goeie speurvernuf die verdagte se bewegings bekom.  Tsoananyana het Makhakha  weer in die Oos-Kaap waar hy op ‘n  soortgelyke moordklag verskyn het gearresteer en na Gansbaai gebring.
Die saak is van die streekshof in Somerset-Wes oorgeplaas na die Kaapse Hooggeregshof waar Makhakha verlede week op al die klagtes skuldig bevind is. Adv Lenro Badenhorst het vir die staat aangekla. Makhakha wat deurentyd onskuldig gepleit het, was emosieloos en arrogant tydens die verhoor. Dié skuldigbevinding was die gevolg van uitstekende speurwerk deur Spr Konst Thuso Tsoananyana en X Plaatjie onder leiding van Spr Kapt Danie Rautenbach, bevelvoerder van Gansbaai SAPD se speurtak.                                    
Francois de Jongh



 

Reeksmoordenaar sit lewenslank

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant