Gansbaai Courant

Blog: Haai aanval versin

Published: 29 August 2013
By:Francois de Jongh

Verskeie nooddienstepersoneel is Vrydag na Romansbaai gehaas nadat skooldogters 'n haaiaanval gerapporteer het. Volgens die 4 hoërskoolleerders van 14 en 15 jaar was hulle die oggend om 12:00 nie op skool nie, maar langs die kus by die hek van Romansbaai se perlemoenplaas. Hulle het aan die Courant gesê dat hulle 'n streep bloed sowat 100 meter vanaf die rotse gesien het. Die een het ook 'n man met 'n duikbril se gebuigde arm gesien en aan die ander uitgewys. Volgens die kinders het al vier van hulle die man gesien. "Dit het gelyk of die bloed al meer word en asof hy in die deining opgestoot is. Hy het daarna verdwyn maar die donker bloedkol het 'n al langer streep op die water geword." Volgens hulle het hul alarm gemaak en Overstrand Medical Response en die SAPD was gou op die toneel. Die skiboot-veiligheidsbeampte, Koos de Kock, het sy boot by Gansbaai Hawe gelanseer en die haaibesigtingsboot, Ivanhoe, het saam met de Kock na die toneel gehaas. 'n Boot van seevisserye, wat in die omgewing was, het ook aan die soektog deelgeneem. Die Nasionale Seeredding Instituut (NSRI) Hermanus, sowel as 'n Rooikruis AMS Skymed helikopter, 'n Wes-Kaapse Regerings Gesond-heid EMS ambulans en 'n polisie duikeenheid aan boord van 'n polisie helikopter is ook ontplooi.


Geen spoor kon egter van 'n duiker óf enige bewyse van 'n haai-aanval gevind word nie. Die polisieduikers asook die helikopter het na 'n deeglike soektog vrugteloos na Kaapstad teruggekeer. Geen vermiste persoon is tot op hede aangemeld nie. Daar is 'n klein robkolonie op die rotse naby 'n huis wat in aanbou is, maar dit kon ook nie bevestig word dat 'n rob deur 'n haai aangeval is nie.

'n Branderplankryer, Kyle Anderson, wat tydens die voorval daar naby in die water was, het ook niks verdags opgemerk nie.  So 'n reddingspoging se koste is baie hoog en mense wat hul doelbewus aan vals inligting skuldig maak oortree die wet en stel hul bloot aan vervolging.
Francois de Jongh

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat
Published: 01 May 2014
By: Francois de Jongh

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoor...

Fraternal ontbyt
Published: 01 May 2014
By: Hardus Botha

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder le...

VLV Nuus
Published: 01 May 2014
By: Gansbaai Courant

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paas...

DA Shows Its Multi C...
Published: 01 May 2014
By: SSMA Fanie Krige

The misconception that the Democratic Alliance is ...