Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Gansbaai Courant

Die twee moordverdagtes, Mariaan Nobles en Johan (Typie) Julies in die Streekshof se beskuldigde bank.

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waarna die staat sy saak teen Mariaan Nobles en haar houman, Johan (Typie) Julies, gesluit het.

Otto is op die oggend van 21 Februarie 2011, terwyl hy geslaap het met twee massiewe bylhoue op die kant van sy kop doodgekap. Na bewering is die bylhoue deur die verdagte Julies toegedien terwyl Nobles en vier kinders saam in die huis was. 'n Agtjarige seun het reeds vroeër in camera só in die hof getuig en gesê dat Julies gesukkel het om die byl uit Otto se kop te kry. Hy het ook oor die diefstal  van juweliersware en selfone getuig, asook hoe dit by die herwinningsterrein geplant is. Otto se vrou, Tania, het ook vroeër getuig hoe sy die oggend gaan werk het en later om 11:00 op haar man se lyk afgekom het. Spr Kapt Rautenbach se getuienis en kruisondervraging het die afgelope week sowat 6 uur geduur. 

Op 'n vraag of die moordtoneel goed beveilig is, het Rautenbach gesê dat daar kritiek oor die bewaring van die Oscar Pistorius moordtoneel was maar dat hierdie moordtoneel glad nie gekontamineer was nie en goed bewaar is. Die beste Forensiese Taakspan van Provinsie was op die toneel onder leiding van Kapt Smith.

Rautenbach, wat ontspanne voorgekom het, was selfversekerd en sy getuienis was baie geloofwaardig. Hy het ook die verdedigende prokureur, Samantha Stanley, se vrae deeglik beantwoord en sekere aantygings as vals weerlê. Stanley het tydens kruisverhoor daarop gekonsentreer om die ondersoekbeampte te diskrediteer deur haar kliënte se aantygings van omkopery en aanranding te gebruik om verklarings tot voordeel van die staat se saak te bekom. Dit is ten sterkste ontken. Rautenbach het getuig dat Nobles oorweeg het om 'n staatsgetuie teen Julies te word. Sy het aan hom vertel hoe sy vir Julies later op die moorddag onder 'n seil in die bosse naby die nuwe begraafplaas gekry het. Hy het 'n sakkie met die juweliersware voor in sy broek gehad. Sy het ook vir hom gesê die polisie soek hom. "Ek het na die aflegging van 'n verklaring vir haar gesê dat sy die staatsaanklaer moet gaan sien om 'n 204 (staats)-getuie te word. Sy het gegaan, maar het van plan verander en wou nie meer daarmee voortgaan nie." Stanley het daarop beweer dat sy bang was en daarom die verklaring by Rautenbach afgelê het. Volgens Nobles het Rautenbach haar op haar vingers geslaan en gesê sy moet dit teken om haar kinders terug te kry. Rautenbach het dit ontken. Die DOV het daarna besluit om haar saam met Julies op 'n klag van moord aan te kla.

Nobles in getuiebank

Nobles het Donderdag getuig dat sy en Julies reeds 16 jaar saam is en dat sy niks van Nugget se dood weet nie. Sy het hom wel geken en vroeër hout aan hom verkoop maar dat sy nog nooit in sy huis was nie.

Sy het die stortingsterrein insident waar sy die juwele, selfone en 'n kamera gevind het, bevestig. "Ek het dit vir Typie gevat waar hy by ons scrap gesit het en gesê:  "Ons het vis vir vanaand en 'n foon vir elkeen." Sy het ook gesê sy het vir die ander werkers gesê: "Ek is vandag baie gelukkig, kyk hierdie items wat ek opgetel het." Sy het verder gesê sy het dit aan Ettienne Brown wat in beheer van die herwinnings was, gewys, en later huis toe geneem. Haar getuienis was egter deurmekaar en sy het haar telkens weerspreek oor die volgorde van gebeure. Nobles het ook getuig hoe sy die ring en selfone aan Spr Konst Donny  Pretorius te koop aangebied het, waarna dit as gesteel geïdentifiseer is.  Nobles het getuig dat sy afgedreig is om 'n verklaring teen Julies af te lê en dat sy R1500 per maand sou kry en vir beskerming na 'n rehab gestuur sou word as sy teen Julies getuig. Nobles is deur haar prokureur, Stanley, se vrae deur al die gebeure gelei. Op 'n vraag oor die agtjarige seun se getuienis het sy gesê:  "Ons was nooit in die huis nie. Ek stem nie saam met die kind nie. Ek het ook nie geweet hy was 'n getuie nie en dit eers in die hof gesien. Oor wat hy in die huis gesien het en ook oor die geld is onwaar," het Nobles getuig.

Die saak hervat op 13 Junie wanneer Nobles onder kruisverhoor geneem sal word. Julies sal daarna in die getuiebank staan. Die saak word verhoor deur Landdros Mouton.

Francois de Jongh

Otto Bylmoord hervat

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant
Pearly Beach Basaar

Pearly Beach Basaar

 “Dit is met groot dankbaarheid dat ons kan terugkyk na ons NG Kerk basaar wat verlede Saterdag plaasgevind het,” sê Petrus du Preez, sameroeper van die basaar.

Gansbaai Courant