Deur Timothy Kieswetter

Na 'n suksesvolle 4 jaar toer van sy uitverkoopte sukses "Die Stripshow" is dit tyd vir Timothy Kieswetter om sy splinter nuwe een-man opvoedkundige komedie bekend te stel... Kinders by Dosyne.

"Kinders by Dosyne" is 'n eerlike en komiese blik op die uitdagings van ouerskap.

Kaartjies is slegs R150 per persoon.

Contact Details

  • Primary number Click Here
  • Email Click Here

Info

  • Address Click Here

Business Information

Meer informasie

Soms voel dit asof jy jou kind net wil foeter... dis okay! Solank jy net nie die volgende generasie opfoeter nie.

Met 5 dogters, moes ek vrede maak dat my sperm is pienk!

Almal vra my of ek 'n haelgeweer het? Nee, ek is lief vir my dogters, ek sal hulle nooit wil skiet nie. Inteendeel, ek gaan hulle mooi oppas, sodat ek eendag groot lebola kan ontvang.

Daar is egter net een nadeel om 'n huis te deel met so baie vroumense, en dit is dat dit met my siklus mors. Ek kry dit nie ge-sync nie. 

Ek nooi julle uit om na die openingsaande van my splinternuwe opvoedkundige komedie "KINDERS BY DOSYNE" te kom kyk. Ek gaan jou wys hoe om nie kinders op te foeter nie en hoe om nogsteeds tyd te vind vir jou huwelik. 

Hier is van die mense se terugvoer wat die openingsaand in Pretoria gesien het.???? 

“Hulle sê laughter is the best medicine... en ekt meer gelag gistraand as wat ek in 'n hele jaar gelag het! En dit vir die simpel goed wat my by die huis teen die mure uitdryf. "Celebrate the poop people!!"(inside joke-jy sal die show moet kyk!) so Timothy, dankie vir al die geld wat jy my spaar op happy pills, I'm good to go ????
Ek hoop daar's 'n opvolg!!!” 

“Timothy! Jyt jou game geup!!!! Wat 'n show die Stripshow was awesome, maar my maag spiere is vanoggend nog seer na Kinders by Dosyne! 'n Moet sien vir enige iemand met kinders in hulle lewe! Soveel waarheid in 'n bondel grappies. Almal moet dit kyk!” ???? 

“Ek het nog nooit so lekker gelag en geleer terselfde tyd. Die show is soooooo spot on!!! Wat lekker is ‘n mens kan relate tot als. Ek het baie geleer en gaan beslis ‘n ding of 3 verander. Ek dink hierdie “Kinders by Dosyne” is Timothy Kieswetter se beste show nog ooit. Ek het dit so baie geniet. Dit is ‘n aanwins vir almal wat reeds kids het of wat even nou eers swanger is. #bestshowever” ???? 

Kom lag en leer saam met Timothy Kieswetter in “Kinders by Dosyne” oor die uitdagings van moderne ouerskap en hoe om steeds tyd te maak vir mekaar in die huwelik.

Map

Nearby Places