NG Kerk Gansbaai

Nuusbrokkies uit die Gemeente

Nuusbrokkies uit die Gemeente

NG Kerk Gansbaai

Dankies. . . Pinksterdienste 1 tot 8 Junie 2014

Namens die gemeente sê ons dankie aan die leraars wat die Pinksterdienste in Gansbaai, Pearly Beach en Baardskeerdersbos gelei het. Die tema: " Die werk van die Heilige Gees in ons lewe" en die onderwerpe het ons elke aand diep geraak en met nuwe krag vir die tyd  waarin ons leef bemoedig. Dankie ook aan almal wat elke aand gehelp het met die aanbied van die tee en verversings in die Kleinsaaltjie. 'n Groot Dankie vir die Pinkstermaal.

VGK Basaar op 31 Mei 2014

Die VG Gemeente Blompark bedank die lidmate van die NG Gemeente van Gansbaai  en betuig ook hul waardering vir al die hulp en onbaatsugtige bystand met hul jaarlikse dankoffer basaar.' n Baie mooi bedrag is ingesamel. 

Herberg aan See Fondsinsameling

Die sanger Dillian Lerm tree op 5 Julie 2014 om 19:00 in die Pretoriussaal op. Fondse ten bate van die tehuis. Kontak Hester Venster by 082 439 6256

Herstel van die Kerkhorlosie.

Die kerkhorlosie se gesigte is reeds verwyder en word tans herstel.

Baie dankie vir die lidmate wat reeds 'n bydrae gegee het tot die fonds vir herstel van die horlosie. Die lidmate wat voorheen aangedui het dat hulle 'n bydrae sal gee, maar dit nog nie gedoen het nie, kan dit nou  in die kerk se rekening of direk by die Kerkkantoor inbetaal. Elke bydrae word waardeer.

Die Kerktoring met die horlosies is 'n landmerk in ons dorp en ons wil dit graag so behou!

Nuusbrokkies uit die Gemeente

NG Kerk Gansbaai

Die NG Gemeente bedien 'n gebied wat strek van De Kelders tot Pearly Beach en ook die plaasgebied Baardskeerdersbos. Die VG kerk word ook bedien.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Bou aan vrede en versoening

Bou aan vrede en versoening

Almal is moeg vir geweld in ons land. Bid vir vrede

NG Kerk Gansbaai
Geweld

Geweld

Geweld  in ons land laat almal ly. Bid daarteen.

NG Kerk Gansbaai
Wedloop van ons geloofslewe

Wedloop van ons geloofslewe

Volhard in die wedloop waarmee jy begin het.

NG Kerk Gansbaai
Hoe verstaan ons vryheid

Hoe verstaan ons vryheid

Vryheid en ons geloofslewe.

NG Kerk Gansbaai