NG Kerk Gansbaai

Jy mag naas my geen ander gode hê nie

Jy mag naas my geen ander gode hê nie

NG Kerk Gansbaai

Teks: Eks 20:3 en Ps 42/43

Die eerste gebod sê duidelik: Jy mag naas my geen ander gode hê nie

Hierdie eerste gebod gee God aan ons omdat Hy weet hoe nodig ons hierdie gebod het. God weet hoe maklik ons hunker, verlang na ons afgode, God weet hoe maklik raak ons harte verkleef  aan ons afgode.  Maar wat is ‘n afgod? Hoe lyk ‘n afgod en wat doen ‘n afgod?

Die HK vra in vraag 95 van Sondag 34 die vraag: Wat is afgodery? Die antwoord is as volg:” Dit is om in die plek van die enigste ware God wat Hom in sy Woord geopenbaar het, of naas Hom iets anders uit te dink of te hê waarop jy jou vertroue stel” Martin Luther het gesê dit is al die dinge waaraan ons ons harte hang. Waarop ons vertrou met ons hele lewe. Ons gode is die goed waarvan ons droom en waarrna ons hunker. Dis daardie dinge wat aan ons lewens betekenis gee, wat vir ons belangrik is bo alles. Tillich noem ons gode dit wat ons Ulimate concern is( ons uiterste besorgdheid)‘n Afgod is enigiets waarmee ons vir God  vervang.  En uiteindelik word ons soos die gode wat ons aanbid.

Israel was omring met gode uit ander volke. Baal, Astarte, Dagon en Kemos was van die bekende gode. Voor hierdie gode is daar letterlik neergebuig in aanbidding, daar is voor hulle gedans, tot hulle gebid, offers is aan hulle gebring . Daar was bv die Griekse gode:  Aphtodite( die godin van die liefde,van die seksule)), Dionisius(die god van wyn en eksatiese genot), Athena(god van wysheid), Apollo( god van kuns) Ares(god van oorlog) Zeus(god van jou lewenslot).Ons as moderne mense mag dalk vir onsself probeer oortuig ons dink nie meer so primitief oor die lewe nie. Ons maak nie beelde om te  aanbid  nie,. Ons sal egter onsself mislei as ons dink ons het nie afgode wat ons aanbid nie. Ons wêreld is vol afgode, meer as ooit.

In ‘n Amerikaanse tydskrif het ‘n spotprenttekenaar ‘n duur luukse motor geteken wat op ‘n hoë voetstuk staan. Die motor is ‘n simbool van status en vooruitgang. Rondom die beeld dans ‘n klomp westerse  mense.’n tipe aanbiddingsdans.   Een van die figure kyk van die beeld af weg na iemand wat aan die naderkom is en roep waarskuwend uit: “Pas op julle. Hier kom Moses”  Ons moderne mens dans in aanbidding om ons eie goue kalwe en ons vlug steeds van God af weg.  Richard Foster het jare gelede ‘n boek geskryf met die titel: Sex,money and power.  Hy meen hierdie drie sake is die groot magte, die gode waarna ons hunker, wat ons begeer. Hierdie gode ten diepste is niks anders as die verlengingstuk van onsself nie. Hierdie gode weerspieë ons eie begeertes en verlanges.  In die middel van afgodsdiens staan onsself . Ons wil ons eie god wees.  Ons dien onsself.

Afgodsdiens is ek diens. Maar dit is ook meer as dit. Uiteindelik word ons afgode veel meer as ‘n verlengingstuk van onsself. Dit word ‘n mag wat ons oorweldig, In besit neem. Kom ek verduidelik dit aan die v Walter Luthi se storie van die jakkals. ‘n Jakkals het amok gemaak onder die boere se skape en hoenders. Vele diere se lewens is deur die jakkals kortgekip. ‘n Groep mans gaan maak jag op die jakkals en keer hom vas in sy gat. 'n Seun wat saam gegaan het word beveel om in die gat in te kruip en die jakkels uit te trek. Met groot brevade duik hy in gat en skree, ek het hom. Maar toe is daar ‘n vreeslike gestoei en geraas, weer roep die seun, die keer benoud. Hy het my!  Dit is wat met afgodsdiens gebeur. Eers dink ons gaan voordeel trek uit ons gode, maar die einde is ons vernietiging.  Ons word slawe van ons eie gode. Die gode met hulle mag is oral om ons en in ons.  Kennis is mag, ander meen geld is mag. Vir vele kom mag van ‘n geweerloop

In Ps 42/43 hunker die Psalmdigter na God. Soos ‘n dorstige dier in die woestyn  met ‘n geboë nek smag en snuif  en verlang na water, na verkwikking, na uitkoms, so smag die digter na God. Na die God wat bevry en verlos, na God van Abraham, Isak en Jakob. Hy hunker na die God,  die Vader wat Sy almag openbaar  in Jesus .  Na die God wat Hom laat ken in Jesus. Wanneer ons God leer ken in die persoon en werk van Jesus, in sy kruisiging en opstanding, word al ons gode nie-gode. Hulle  ontbloot as maaksels van ons eie hande.  Ons sal ‘n keuse moet maak. In 1 Kon 18:20-21 waarsku Elia die volk dat hulle nie vir God en die gode kan aanbid nie. Hulle  moet kies.  In Matt 6:24 sê Jesus: ”Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Hy sal of die een minder ag en die ander een hoër, of vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God en Mammon dien nie”

Wie is die god op wie ons vertrou en dien? Watter mag erken ons as goddelik en waardig om te dien?. Watter mag sal ons toelaat om ons hele lewe- ons verstand, wil en handelinge in besit te neem.? 

 

Jy mag naas my geen ander gode hê nie

NG Kerk Gansbaai

Die NG Gemeente bedien 'n gebied wat strek van De Kelders tot Pearly Beach en ook die plaasgebied Baardskeerdersbos. Die VG kerk word ook bedien.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Bou aan vrede en versoening

Bou aan vrede en versoening

Almal is moeg vir geweld in ons land. Bid vir vrede

NG Kerk Gansbaai
Geweld

Geweld

Geweld  in ons land laat almal ly. Bid daarteen.

NG Kerk Gansbaai
Wedloop van ons geloofslewe

Wedloop van ons geloofslewe

Volhard in die wedloop waarmee jy begin het.

NG Kerk Gansbaai
Hoe verstaan ons vryheid

Hoe verstaan ons vryheid

Vryheid en ons geloofslewe.

NG Kerk Gansbaai