NG Kerk Gansbaai

Seestrome 2015:Bediening Ankergooi: Verwelkoming van nuwe intrekkers

Seestrome 2015:Bediening Ankergooi:  Verwelkoming van nuwe intrekkers

NG Kerk Gansbaai

Annie le Roux, sameroeper vir die bediening vertel: Sedert November 2006 verteenwoordig ek bediening Ankergooi, wat vir my so ‘n mooi gepaste woord vir die nuwe intrekkers in ons gemeente is. Die meeste van ons intrekkers is mense wat hier kom aftree, maar ons vind dat daar wel die afgelope vier jaar ook jonger mense hul intrek in ons mooi dorp geneem het.

Die afgelope nege jaar was dit vir my en my vrywillige helpers altyd ‘n groot voorreg om ons nuwe intrekkers welkom te heet en hul te laat tuis voel in ons gemeente. Die waardering wat ons van hul gekry het, was vir ons altyd genoeg aansporing om weer die volgende groep te verwelkom. Dis altyd interessant om elkeen se verhaal te hoor, van waar hul kom, wat hul laat besluit het om hul hier te kom vestig en wat hul verwagting is. So was daar hartseer- en pynverhale, asook mooi en gelukkige verhale op ons mense se lewenspad.

Elke geleentheid is ‘n wonderlike ervaring. Dit maak nie saak hoeveel mense die geleentheid bywoon nie.

Ons dank ons Hemelse Vader vir elke nuwe intrekker en die insette en meelewing wat hul in die gemeente lewer.

 

Seestrome 2015:Bediening Ankergooi:  Verwelkoming van nuwe intrekkers

Redaksie Seestrome

Die NG Gemeente bedien 'n gebied wat strek van De Kelders tot Pearly Beach en ook die plaasgebied Baardskeerdersbos. Die VG kerk word ook bedien.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Bulletininligting: Sondag 17 Junie 2018

Bulletininligting: Sondag 17 Junie 2018

As gevolg van vakansie, geen gesinsdiens in saal op Sondag 24 Junie 2018.

NG Kerk Gansbaai
Bulletin 10 Junie 2018

Bulletin 10 Junie 2018

Pearly Beach bied op 12 Junie 'n uurtjie van musiek en sang aan.

NG Kerk Gansbaai
Bulletininligting

Bulletininligting

Kwartaalikse gesinsdiens in kerk 10 Junie 2018.

NG Kerk Gansbaai
Vakante leraarspos

Vakante leraarspos

Ds Dirk van Dyk tree op 31 Desember 2018 af.

NG Kerk Gansbaai