NG Kerk Gansbaai

Seestrome 2015: Ons kerkhorlosie nader voltooiing

Seestrome 2015: Ons kerkhorlosie nader voltooiing

NG Kerk Gansbaai

Die afgelope jaar en ‘n half het ons eers in ‘n gat in die kerktoring vasgekyk, toe na ‘n wysterplaat sonder wysters en eersdaags beloof hulle kyk ons weer na ‘n volwaardige werkende
kerkhorlosie. Op versoek van die kerkraad is Paul Knoetze genader om behulpsaam te wees met die herstel van die horlosie.

Beplanning is gedoen, materiaal bestel en afgelewer. Daarna het Paul se werk in alle erns begin. Met presisie is nuwe onderdele vervaardig. Met groot versigtigheid is nuwe rame en en ‘n “gesig” teen die toring opgetrek en is elkeen op sy bepaalde plek gemonteer. Nou nog net die wysters wat aangebring moet word. Die elektriese bedrading en motor is gereed om die tyd vir ons aan te dui. Die gemeente sien uit daarna om weer ons kerkhorlosie in werkende toestand te sien en die helder klanke van die klok te hoor.

‘n Spesiale dankie aan Paul Knoetze en sy helpers vir hierdie groot taak. Dankie ook aan Jannie Botha en sy komitee wat die proses bestuur het. Dankie aan lidmate en persone wat tot die projek bygedra en ondersteun het.

 

Seestrome 2015: Ons kerkhorlosie nader voltooiing

Redaksie Seestrome

Die NG Gemeente bedien 'n gebied wat strek van De Kelders tot Pearly Beach en ook die plaasgebied Baardskeerdersbos. Die VG kerk word ook bedien.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Seemeeu 2/2018: Kunsuitstalling 2018 

Seemeeu 2/2018: Kunsuitstalling 2018 

Dr Lisel Joubert het verlede jaar met die briljante idee gekom dat al die kunssinnige mense moet deelneem aan 'n Paasuitstalling.

NG Kerk Gansbaai
Seemeeu 2/2018: Wat ek beleef in die die gebedsruimte van die kerk.

Seemeeu 2/2018: Wat ek beleef in die die gebe...

Gesamentlike gebed het  groot waarde.

NG Kerk Gansbaai
Seemeeu 2/2018: Deel van 'n nuwe familie

Seemeeu 2/2018: Deel van 'n nuwe familie

Iets wat die kerk nie genoeg na kan strewe nie, is om die eenheid  tussen  gelowiges te te bevorder.

NG Kerk Gansbaai
Seemeeu 2/2018: Pinkster 2018

Seemeeu 2/2018: Pinkster 2018

Die Pinksterreeks het ons tot diepe nadenke gestem en na ons geestelike toestand laat kyk. 

NG Kerk Gansbaai