NG Kerk Gansbaai

Seestrome 2015 : Gemeentekoor, lofsang en Kerssangdienste . . . om op trots te wees

Seestrome 2015 : Gemeentekoor, lofsang en Kerssangdienste . . . om op trots te wees

NG Kerk Gansbaai

Aletta Lochner, koorleier en afrigter. Sedert ek in 2006/7 met Gansbaai se NG kerkkoor kennis gemaak het, sing daar al sewe van ons lede in die hemelse kore. Aangesien elke koorlid uniek en ‘n spesiale plekkie in die koor het, was hulle “weggaan” ‘n verandering en aan-passing vir die res van die koor.

Ons het mos maar almal ons eie hartseer en teleurstellings om te oorkom. Sovele koorlede kon al getuig hoe die koorsang hulle al deur beproewings gedra het. Koorlede kom dikwels met somber gesigte by die kooroefening aan en dan is dit so wonderlik om te sien hoe dieselfde gesig geleidelik ophelder en ontdooi om dan die koor met nuwe moed en insig te verlaat. Om dit wat hinder met nuwe krag aan te pak.

Ja, sang kan jou lewe verander. Iemand sê ander dag: “Net die goeie mense sing.” Mag ek dit verander na: Sing maak jou ‘n beter en gelukkige mens. Sing met die stem wat die Vader aan jou gegee het. Óf dit nou effens “bo” die noot óf effe “onder”  die noot is - Hy sal nie omgee nie. As jy dan miskien “op” die noot is, kom sluit volgende jaar by die koor aan en bring ‘n  verandering in jou lewe en in dié van die koor.

Ons is so ‘n hegte “familie” wat mekaar se laste help dra, maar ook sό vol humorsin - amper te veel van laasgenoemde! As dit moontlik is . . . Hou ‘n lied in jou hart.
Koorgroete. Namens ons koor wens ons almal ’n geseënde Kersfees en voorspoedige nuwejaar toe.

 

Seestrome 2015 : Gemeentekoor, lofsang en Kerssangdienste . . . om op trots te wees

NG Kerk Gansbaai

Die NG Gemeente bedien 'n gebied wat strek van De Kelders tot Pearly Beach en ook die plaasgebied Baardskeerdersbos. Die VG kerk word ook bedien.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Bou aan vrede en versoening

Bou aan vrede en versoening

Almal is moeg vir geweld in ons land. Bid vir vrede

NG Kerk Gansbaai
Geweld

Geweld

Geweld  in ons land laat almal ly. Bid daarteen.

NG Kerk Gansbaai
Wedloop van ons geloofslewe

Wedloop van ons geloofslewe

Volhard in die wedloop waarmee jy begin het.

NG Kerk Gansbaai
Hoe verstaan ons vryheid

Hoe verstaan ons vryheid

Vryheid en ons geloofslewe.

NG Kerk Gansbaai