NG Kerk Gansbaai

Die verkiesende God. . . .(

Die verkiesende God. . . .(

NG Kerk Gansbaai

In die Johannes-evangelie word ons bekend gestel aan die verkiesende God. In die Johannes-evangelie vind ons hierdie merkwaardige versameling tekste wat verkondig dat God – let wel: die God wat ons in Jesus ontmoet – die verkiesende God is.

Die bekendste teks in hierdie versameling is waarskynlik Jesus se woorde in Joh 15 waar ons lees (vers 16): Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies…

Ook die volgende tekste lê in die versameling: Dink aan Jesus se bekende woorde in Joh 3 in die verhaal van die Fariseër Nikodemus wat by Jesus moes verneem: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie, en : Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom of waarheen hy gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is. Ook Jesus se bekende woorde in Joh 6: Niemand kan na My toe kom as die Vader wat my gestuur het, hom nie na My trek nie .. .; Elkeen wat die Vader vir My gee, sal na My toe kom. . . ; ook die bekende woorde in Joh 1: Die mense het Hom nie aangeneem nie. Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulleis dit nie van nature nie, nie deur die drang van ‘n mens of die besluit van ‘n man nie, maar God is hulle Vader.

In ons geloofstradisie(Ons in die NG Kerk is Christene in die Gereformeerde geloofstradisie) is die saak van die verkiesende God ‘n kernsaak. In ons geloofstradisie is die Leerstuk van die Uitverkiesing grondliggend vir ons kennis van God en vir ons verstaan van wat dit beteken om ‘n christengelowige te wees. In ons geloofstradisie vind ons ten diepste ons identiteit as christengelowiges in ons belydenis dat ons uitverkorenes van God is – uitverkorenes van die verkiesende God is.

In Oktobermaand elke jaar, op die laaste Sondag van die maand, vier ons ons geloofstradisie met Hervormingssondag. In ons vieringe dank ons God vir die voorreg wat ons het om die evangelie van Jesus Christus te mag ken.

  • Ons dank God dat ons ‘n evangelie in ons lewens mag hê wat ons lewe en in sterwe bedien met die belofte van sy genade vir sondaarmense.
  • Ons dank God dat ons Hom mag ken as die God wat in Christus Jesus vir eerste liefgehad het.
  • Ons dank God dat Hy vir ons “ja” gesê het nog voordat ons “ja” vir Hom gesê het.
  • Ons dank God dat Hy in Christus Jesus en deur die werk van die Heilige Gees ons gesoek het en ons gevind het nog voordat ons na Hom gesoek het.
  • Ons dank God vir die groot besluit wat eenmaal in die raadsale van die hemel geneem is: om in Christus Jesus – die Lam van God (lees Joh1:28) – mense te red wat in hulle sondigheid en sonde verlore is.
  • Ons dank God dat Hy ons – ook vir my! – opgesoek het en ons – ook vir my! – plek gemaak het in sy genadeverbond wat beseël is met die versoeningsbloed van die gekruisigde Seun van God.
Die verkiesende God. . . .(

NG Kerk Gansbaai

Die NG Gemeente bedien 'n gebied wat strek van De Kelders tot Pearly Beach en ook die plaasgebied Baardskeerdersbos. Die VG kerk word ook bedien.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Vir my is die lewe Christus en die sterwe wins

Vir my is die lewe Christus en die sterwe wins

Paulus roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld . . .

NG Kerk Gansbaai
Onderlinge mededeelsaamheid

Onderlinge mededeelsaamheid

Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel. 

NG Kerk Gansbaai
Goeie Vrydag

Goeie Vrydag

My God, my God  waarom het u my verlaat?. . .

NG Kerk Gansbaai
Ernst Toerien

Sendingsondag

Om die Here te dien in Rusland, nou al vir 20 jaar, is seker nie een van die maklikste dinge nie

NG Kerk Gansbaai