NG Kerk Gansbaai

Lydenstyd

Lydenstyd

NG Kerk Gansbaai

Johannes 11: 1-45
Hierdie is ‘n bekende teks en ons kan baie dinge daaruit haal en oor praat. Kom ons lees dit vanoggend uit vrae wat ek dink veral in lydenstyd na vore kan kom. Waar is die momente van lyding?

Die eerste wat my opval is frustrasie. Vanuit die perspektief van die karakters maar ook ek wat teks lees. Die dissipels is frustreerd want hulle weet nie hoekom Jesus nou wil teruggaan as hy eintlik weet dat dit gevaarlik is nie. En dis nie dat Jesus vir hulle regtig ‘n eenvoudige antwoord gee nie (vers 9 – 10). Klink meer na ‘n raaisel.

Die frustrasie van die leser/hoorder. Hoekom vat hy so lank om terug te gaan? Bewustelik twee dae?
Dis dan ook die vraag wat die twee susters vra. Maria nog meer reguit: “Here as U hier was sou my broer nie gesterwe het nie”. Mens ervaar die emosie van wantroue in ‘n vriend. “As u tog maar net”
Die frustrasie kan saamgevat word in: Hoekom draal Jesus, dan huil hy, en dan wek hy vir Lasarus op? Saam met die frustrasie is daar ‘n stuk onsekerheid, want nie almal weet altyd alles (net Jesus), nie eers ons as lesers nie.

Die ander emosie wat ons met lyding verbind is verlies: Die verlies van ‘n broer en ‘n vriend. Hierdie verlies is sigbaar in die susters en Jesus se emosies. Dit is sigbaar in die woede en aantygings. Dit is ook sigbaar in Jesus se reaksie by graf, sien twee verse,

Vers 33, 35 (OAV)
“Het hy geweldig bewoë geword in sy Gees en Hom ontstel”
“Jesus het geween”
Twee engelse vertalings is: ‘he was greatly disturbed in spirit and deeply moved’; ‘he groaned in the spirit and was troubled’

Lydenstyd grafies uitgebeeld in die verhaal, al die emosies daar: Verlies, “if only”, frustrasie, hartseer, woede
Miskien moet ons eers hier bly en nie spring na die hoop gedeeltes nie: Marta se woorde, Jesus se woorde, Lasarus se opwekking.

Wat wou die Johannesskrywer vir die gehoor oordra? Net met die lees van die Johannes evangelie teenoor die ander evangelies kom ons tog dadelik agter hier is ‘n ander gevoel, ‘n ander atmosfeer. Dit begin nie met ‘n geboorte of doop nie, maar met ‘n grootse uitspraak dat die Woord God is en onder ons sy tent kom opslaan het en dat hy vol genade en waarheid is en dat uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang.

Die Johannes evangelie praat ook nie van wonderwerke nie, maar van tekens (semeion), iets wat heenwys na iets anders. Die tekens is ook verbind aan “Ek is” uitsprake. Ek is die brood van die lewe (vermeerder brood), ek is lig vir wêreld (laat blinde sien), ek is opstanding en die lewe (laat Lasarus uit die dood opstaan).( Johannes 11, miskien goed te weet dat 7de en laaste ek-is uitspraak, en orde omgegooi, eers uitspraak dan teken).

“Ek is” weer verbind aan Eksodus: Ek is wie ek is. Ek sal wees wie ek sal wees, in sin as wil weet wie ek is, kyk wat ek doen. Tekens sê my iets wie Jesus is en Jesus sê regdeur evanglie as jy my gesien het het jy die Vader gesien.

Dis belangrik want wie is die gehoor? Jode en Grieke. Beide moes hoor dat Jesus God is. Die Jode is moeilik want daar is net een God. Die Grieke is moeilik want hulle God is ver af. God is die eerste beweger en nie bemoeid met mense nie.
Die Griekse gehoor het geglo  ‘apatie’ is ‘n deug, en God is apaties. Dit beteken hy is op afstand, gevoeloosheid, onbetrokkenheid. Hy huil elk geval nie.
Vir Fariseers was heiligheid verbind aan reinheid, nakoming van wette. Maar hier kom God in Jesus nader vol nabyheid, ontferming, barmhartigheid.

As ons moet sê wat ons lydenstyd kan hoor sal dit kan wees dat Jesus onsteld was (vers 33). Dat sy onsteltenis ‘n stuk woede in gehad het. Dat ons miskien dit moet sien as kommentaar op ons eie verstaan soms dat lyding passief moet wees. Ek net moet aanvaar wat gebeur. Miskien herinner sy onsteltenis dat dood die vyand is. Dat sy vriend weg is. Dat al die emosies wat die karakters ervaar Jesus ook ervaar: frustrasie, woede, hartseer. Miskien profeties dat Jesus sy vriend opwek, omdat Hy in Joh 15 sê ons is almal sy vriende. Miskien sy onsteltenis teen dood en verlies wat Hom Homself laat gee.

Miskien kan ons net die woorde van een kommentaar bedink die week. Kan en moet klaag en onsteld wees want ons is omring deur goed wat nie God se wil is nie, maar menslike keuses. In lydenstyd kan ons net God dank dat Hy huil:
“I have a basis to fight the thing which is abnormal to what God originally made’ (Ray) hy gaan aan en sê “The Christian should be in the frontline fighting the results of man’s cruelty for we know that it is not what God has made. We are able to be angry at the results of man’s cruelty without being angry at God or being angry at what is normal.”

Lydenstyd

NG Kerk Gansbaai

Die NG Gemeente bedien 'n gebied wat strek van De Kelders tot Pearly Beach en ook die plaasgebied Baardskeerdersbos. Die VG kerk word ook bedien.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Vir my is die lewe Christus en die sterwe wins

Vir my is die lewe Christus en die sterwe ...

Paulus roep die gelowiges op om ligdraers te wees in die wêreld . . .

NG Kerk Gansbaai
Onderlinge mededeelsaamheid

Onderlinge mededeelsaamheid

Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel. 

NG Kerk Gansbaai
Goeie Vrydag

Goeie Vrydag

My God, my God  waarom het u my verlaat?. . .

NG Kerk Gansbaai
Ernst Toerien

Sendingsondag

Om die Here te dien in Rusland, nou al vir 20 jaar, is seker nie een van die maklikste dinge nie

NG Kerk Gansbaai