NG Kerk Gansbaai

Blog: Gebed

Published: 08 August 2016
By:Dr. Lisel Joubert

Gebed

Gebed is nie werk nie. Gebed is verwondering en rus. Karl Barth het boekie oor gebed geskryf en herinner ons dat die blote verwondering dat ek juis met God mag en kan praat reeds gebed is. Gebed is die gawe van “gehoor” wees asook die gawe van luister na God ook in my eie hart. In gebed val die maskers wat ek voorhou vir die wêreld. Kom ek na God toe, soos ek is, maar met die wete dat ek tuis is, altyd verwelkom word.

Gebed is nie werk nie, dit is om te rus by God en bewus te word van God se tyd en God se manier wat nie noodwendig my tyd of manier is nie. Gebed is reflekteer en stilbly, smeek en bloot wees. Gebed is die erkenning dat God nooit ver is nie. Gebed is die soeke na wysheid en onderskeiding in hierdie wêreld waar ons gebombardeer word met te veel inligting, "input" en opinies. Gebed is die “laat” van Galasiërs 5, die toelaat vir die Heilige Gees om in my te werk en my al hoe meer die beeld van God gelyk te maak. Gebed is God se guns.

Recent Posts

Barmhartigheid
Published: 10 August 2017
By: Ds. Dirk van Dyk

Barmhartigheid is mildheid, ontferming en vergewin...

Persverklaring: CRL ...
Published: 07 July 2017
By: Dr Gustuv Claasen

Die NG kerk distansieer hul van die verslag....

Gasvryheid
Published: 21 June 2017
By: Ds. Dirk van Dyk

In die wereld van die Bybel gaan gasvryheid oor di...

Pinkster 2017: Ons i...
Published: 08 June 2017
By: Ds. Dirk van Dyk

Hoekom gaan ons kerk toe? Ons is nie alleen Christ...