NG Kerk Gansbaai

Hervorming

Hervorming

NG Kerk Gansbaai

Lees: Romeine 1:16-17 en Efesiers 2:1-10

Hervormingssondag is die naaste Sondag aan 31 Oktober. Dit is die dag waarop ons vier dat Martin Luther opgestaan het teen die korrupsie van die kerk van sy dag en aangedring het op die vrywording van die gelowige. In die sin dat hy of sy self tot God kan bid, Bybel kan lees en as verantwoordelike mens keuses kan maak.

Volgende jaar is dit 500 jaar gelede en baie feeste word regoor die wêreld beplan. Wat beteken dit vir ons dat ons tradisie 500 jaar oud is? Dit beteken dat ons tog die momente moet herbesoek. Maar ook moet besef dit is ‘n lang tyd terug en ons leef in ander wêreld as 16de eeuse Europa. Baie dinge wat Luther en Calvyn voor geveg het is vir ons vanselfsprekend. Dat ons mag bid, self Bybelstudie lei, volgens ons gewete lewe, die wêreld ingaan en 'n verskil maak. Dat ons heiligheid nie iets inherent goed is nie, maar geskenk. Ons ken ook moontlik die 4 Solas: Sola Christi, Sola Fidei, Sola Gratia, Sola Scriptura.

Ons weet die goed maar weet nie altyd of ons die implikasies verstaan nie. Miskien ten diepste dat ek nie aldag hoef te wonder en te tob oor hoe ek vrygespreek word nie. Of ek vrygespreek is nie, wat moet ek doen om God se guns te wen nie. Eerder hoe leef ek as vrygespreekte.

Kom ons fokus op relevante sake in die wêreld waar die Reformasie idees ons tog kan help, naamlik onderrig en wetenskap. Ons vergeet soms dat dit deel is van ons Gereformeerde spiritualiteit.

Onderrig was nog altyd sterk Gereformeerde fokus. Calvyn self het daagliks gepreek en drie keer op ‘n Sondag. Vir ‘n gehoor wat nooit met die Woord te doen gekry het nie was dit awesome. Hy het Kategismus geleer en ook boeke en kommentare geskryf om hulle te help met die teks. Ons moet onthou sy gehoor het toe eers die wonder van die Bybel ervaar. Maar ook onderwys was vir hom belangrik. Die Reformasie het in baie stede opvoeding verpligtend gemaak vir meisies en seuns en ook vir meisies verder as primere vlak.

Hy het ‘n Akademie begin wat later die Universiteit van Geneve geword het. Dit is deel van die sterk Gereformeerde oortuiging dat ons nie in ‘n kokon woon nie, ons woon in die wêreld met burgerlike verantwoordelikhede. Ons doen dinge en ons doen dit reg.

Hy het ook sy teologie geskryf deur te gebruik te maak van die voor hom. Van die Griekse filosowe van Aristoteles, Neoplatoniste, Mistici, Johannes Chrysostomus, Augustinus, Cicero ens.

Calvyn het ‘n ook sekere uitgangspunt gehad oor wetenskap en ek wil graag daarop ook fokus. Hy het geglo dat alle wysheid van God kom al word dit geskryf of gepropageer deur voor Christelike skrywers. In Institusie 2:2 skryf hy onder andere:

“So dikwels as wat ons dus met profane skrywers besig hou, moet ons deur daardie lig van die waarheid wat in hulle werk ‘n wonderlike glans afgee, vermaan word dat die mens se verstand tog met uitnemende gawes van God beklee en getooi is al het dit van ongeskonde toestand daarvan afvallig en bedorwe geword. As ons die Gees van God as die enigste bron van waarheid beskou sal ons die waarheid self nie verwerp of verag nie – waar dit ook al mag te voorskyn kom, behalwe as ons die Gees van God wil krenk. Want die gawes van die Gees kan nie goedkoop gemaak word sonder om die Gees te minag en te beledig nie.”

Hy verwys dan na regsgeleerdes, filosowe en medici van ouds en dat ons in verwondering ook hulle werk moet lees. Hy gaan verder:

“Maar as dit die Here se wil was dat ons bygestaan moet word deur die werk en die dienste van die goddelose mense in die natuurwetenskappe, die dialektiek, die wiskundige kunste  en ander van dieselfde aard dan moet ons daarvan gebruik maak om nie met reg vir ons onverskilligheid gestraf te word nie as ons die gawes van God, wat bowendien spontaan in sulke mense vir ons aangebied word, sou versmaai nie”

In hierdie deel van Institusie word ons herinner dat ons in God leef, beweeg en is. Dat ons goeie gawes geskenk word ook deur die wat nie glo nie. Dat ons God Homself openbaar in die wetenskappe en ons dit moet hoor en groter en groter moet kyk.

Dit voel soms dat Gereformeerdes al hoe kleiner en kleiner begin dink. Ons afsluit van ontdekkinge en insigte. Ons die Bybel gebruik om dinge weg te hou in plaas van te omarm. Ons ons verwondering minder maak.

Ons is vry om te hoor, te beweeg, te integree,r want my liggaam is  in volheid veilig by God. Dit is die skat van Gereformeerdheid. Om nie in angstigheid alles as aanvalle te sien, maar God te leer sien in alles wat ons leer. Daarom is vryheid so sterk in die Reformasie. Die vryspraak maak ons vry om God en naaste te dien en nie angstig te leef nie. Saam met vryheid gaan verantwoordelikheid. Die insig in word geplaas op baie plekke, ons almal het ‘n roeping en ons is deel van iets groter. Die wetenskap help ons om die grootheid van die groter te sien.

Goeie onderwys is deel van ons verantwoordelikheid. Die luister en groei in wetenskap ook. Ons is voortdurend besig om te hervorm, want God word net groter.

Soli Deo Gloria, hoe meer ons leer hoe groter word God en sy heerlikheid

Hervorming

NG Kerk Gansbaai

Die NG Gemeente bedien 'n gebied wat strek van De Kelders tot Pearly Beach en ook die plaasgebied Baardskeerdersbos. Die VG kerk word ook bedien.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Bou aan vrede en versoening

Bou aan vrede en versoening

Almal is moeg vir geweld in ons land. Bid vir vrede

NG Kerk Gansbaai
Geweld

Geweld

Geweld  in ons land laat almal ly. Bid daarteen.

NG Kerk Gansbaai
Wedloop van ons geloofslewe

Wedloop van ons geloofslewe

Volhard in die wedloop waarmee jy begin het.

NG Kerk Gansbaai
Hoe verstaan ons vryheid

Hoe verstaan ons vryheid

Vryheid en ons geloofslewe.

NG Kerk Gansbaai