NG Kerk Gansbaai

Aswoensdag

Aswoensdag

NG Kerk Gansbaai

Dit is Aswoensdag. Die begin van Lydenstyd. “Stof is jy en tot stof sal jy terugkeer”. Ons kan dit lees as futiliteit, downright depressing of as ‘n stuk verwondering. Het God nie vir adam uit die adamah gemaak nie? Die mens uit die grond, die aarde en met liefde aanmekaargeweef soos ‘n pottebakker klei vorm. Baie intiem en dan sy asem in hom ingeblaas. In sy slaap vir hom ‘n helper gevorm en saam met hulle gewandel in die tuin.

Die stof/aarde/klei is eintlik die storie van ons oorsprong, maar dit is verhaal van verwondering. Die iets wat gemaak is uit min. As ons dan terugkeer stof toe is dit ook deel van die verwondering, deel van die nuwe skepping wat gebeur na ons dood. Dit is juis in die verwondering wat ons nietig voel en skielik besef dat alles wat ons op roem niks is. Alles wat is is iets wat deur die hand van God gegaan het. Lydenstyd ook uitnodiging om net te kan praat oor al die sleg en sonde, die dinge wat jy saamdra, wat jou keer om voluit te wees. Tyd van intree vir alles en almal, al die woede, haat, seerkry, stukkendheid. Ons het lydenstyd nodig om weer heel te word.

Aswoensdag

NG Kerk Gansbaai

Die NG Gemeente bedien 'n gebied wat strek van De Kelders tot Pearly Beach en ook die plaasgebied Baardskeerdersbos. Die VG kerk word ook bedien.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Seemeeu 4/2017: Kers en Nuwejaar wense 2017/18

Seemeeu 4/2017: Kers en Nuwejaar wense 201...

2017 is aan sy einde. Die jaar het verby gevlieg met al sy “ups” en downs”.

NG Kerk Gansbaai
Seemeeu 4/2017: Om God in die kleine te sien

Seemeeu 4/2017: Om God in die kleine te si...

Ons moet leer om God in die alledaagse, in die doodgewone raak te sien.

NG Kerk Gansbaai
Seemeeu 4/2017 Makhatini

Seemeeu 4/2017 Makhatini

Ons gemeente ondersteun die werk van sendelinge in die Makhathini-vlakte, finansieël, geestelik en andersins.

NG Kerk Gansbaai
Seemeeu 4/2017: Badisa

Seemeeu 4/2017: Badisa

Dit is kersfeestyd, ‘n tyd vir gee en omgee. Kom ons maak ons harte en hande oop en wys dat ons omgee mense is. 

NG Kerk Gansbaai