NG Kerk Gansbaai

Blog: Die ryk jongman

Published: 06 March 2017
By:Dr.Lisel Joubert

Die ryk jongman
Wat beskryf jou? Wat is jou identiteit? Almal wat hom in die straat sien loop het, het hom die ryk jongman genoem. (Matt 19:16-30; Luk 18:18-30) Dit is wie hy was. Blykbaar is by darem ook as "vroom" beskou.
Ek wonder nogal hoekom hy nie bereid was om te doen wat Jesus hom gevra het nie. Ek dink dit is nie regtig omdat hy sy besitting sou verloor nie, maar eerder sy identiteit. As hy alles sou weggee, wat sou hulle hom dan noem? Wie sou hy dan wees?
Identiteit is ‘n sluwe jakkals, maar kan ook ‘n helende fontein wees om uit te leef. Op grond waarvan beskryf jy jouself? Jesus was nie duidelik genoeg vir die ryk jongman nie. Hy het besef hy gaan gestroop word van hoe ander hom sien.
Gelukkig is niks vir God onmoontlik nie nie, soos Jesus dan ook sy dissipels herinner. Ek dink die arme, onseker jongman is ook vrygespreek deur dié wat die woorde oor sy skouer hoor en dan wel doen, soos die woestynvader Antnius ‘n paar eeue later. Hy was ook ‘n ryk jongman wat wel alles verkoop het en in die woestyn gaan bly het.

Recent Posts

Barmhartigheid
Published: 10 August 2017
By: Ds. Dirk van Dyk

Barmhartigheid is mildheid, ontferming en vergewin...

Persverklaring: CRL ...
Published: 07 July 2017
By: Dr Gustuv Claasen

Die NG kerk distansieer hul van die verslag....

Gasvryheid
Published: 21 June 2017
By: Ds. Dirk van Dyk

In die wereld van die Bybel gaan gasvryheid oor di...

Pinkster 2017: Ons i...
Published: 08 June 2017
By: Ds. Dirk van Dyk

Hoekom gaan ons kerk toe? Ons is nie alleen Christ...