Hawe Van God Se Genade

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat die areas van De Kelders tot Baardskeerdersbos insluit. Die kerk se visie is om ‘n kombers van geloof en genade oor Gansbaai se mense, asook oor al die vakansiegangers en besoekers, te strooi. Die gemeente is oop en verwelkomend aan een en almal wat die liefde en genade van God soek. Die kerk het ook ‘n groot doel voor oë om die gemeente te help en te dien soos Jesus gehelp en gedien het. NG Kerk Gansbaai nooi alle lidmate en nie-lidmate uit om Sondae die eredienste by te woon om ‘n nuwe kennismaking en inspuiting van geloof, hoop, genade en liefde te ontvang van die kragtige en almagtige God.

Contact Details

  • Primary number Click Here
  • Emergency number Click Here
  • Email Click Here

Info

  • Operating Times Click Here
  • Address Click Here
  • Payment Methods Click Here
  • Cards Accepted Click Here
  • Currencies Accepted Click Here

Business Information

Omtrent

Omtrent

Image

Die kerk was ingehuldig in 1953 en die eerste gemeente het begin in 1909. Sedertdien het die kerk gegroei in diens van God en het nou meer as 2550 lidmate. Die kerkgebou was gebou onder leiding van Dominee JPL Zietsman. Die konstruksie was ‘n gemeenskapsprojek en die hele gemeente van daardie tyd het ingespring om die fondasie te grawe. Die ryk geskiedenis van die kerk word veral uitgebeeld deur die gebou en die lieflike orrelklanke van die orrel. Tot vandag is die kerk en sy gemeente die ligtoring in Gansbaai se duister.

Tye

Tye

Gansbaai kerk: 09:00 elke Sondag

Gansbaai familie kerk (Kerksaal): 09:00 elke Sondag in skool kwartale

Pearly Beach: 09:30 elke tweede en vierde Sondag van ‘n maand

Baarskeerdersbos: 09:30 elke eerste en derde Sondag van ‘n maand Kantoor: 09:00 - 13:00 Maandag tot Vrydag

Image 1
Image 2
Image 3
Aangeleenthede

Aangeleenthede

Die kerk het ruim gebeure wat fondse genereer vir die kerk en Herberg-aan-See ouetehuis. Hierdie gebeure word goed deurdink en uitgevoer vir die genot vir jonk en oud in Gansbaai.

Vrydag mini-basaar

  • Hier kan jy enige iets vind van die smaaklikste pannekoek tot die pragtigste gebreide babapakkies. Die stalletjies is elke Vrydag by die kerksaal (Pretoriussaal) te vinde van 09:00 - 11:00.

Kersmark

  • Hierdie mark is groot pret vir jonk en oud. Hier is alles ten vinde van ‘n ligte maaltyd restaurant tot die perfekste kersgeskenk. Die doel van die mark is om al die inwoners en vakansiegangers te bederf met keuses vir geskenke of om peuselhappies vir die huis te koop. Die mark is oop van 08 Desember tot 22 Desember van 09:00 - 14:00. Lede van die publiek wat belangstel om ‘n stalletjie te hê kan by die kerkkantoor aansoek doen.

Pinkster

  • Na de kruisiging van Jesus en die Hemelvaart begin die Pinkstertydperk. Hierdie tydperk is baie heilig in die Christen geloof en die kerk is baie trots om dit te vier saam met al die Christene reg oor die wêreld. Hierdie tydperk word gevier 7 weke na Paas Sondag en is gewoonlik gedurende die maand van Mei.
Image 1
Image 2
Dienste van dominees

Dienste van dominees

Die drie dominees van die kerk is  altyd beskikbaar om gemeentelede te help wat ook al die behoefte mag wees. Dit sluit die volgende dienste in: naamlik troues, doop, inhuldiging van nuwe lidmate asook begrafnisse.

Image 1
Image 2
Image 3

Gallery

Map

Nearby Places

Blog Posts

Documents