Gewillige Hulpwerkers

Gewillige Hulpwerkers

NG Kerk Gansbaai

Hulle is nie Kerkraadslede nie en hulle dien nie op vergaderings nie, maar hulle vrywillige dienslewering in die uitbreiding van die Koninkryk is kosbaar, al werk hulle in die agtergrond sonder om gesien te word. Ter sprake is Hulpwerkers wat vrywilliglik instaan waar vakante poste in wyke bestaan. “As ‘n mens gaan kyk na die geskiedenis van Israel, merk jy dat die perspektief van diensbaarheid soos ‘n goue draad deur die verhaal loop en daar is baie Bybelse voorbeelde daarvan,” het ds Dirk van Dyk tydens ‘n geselligheid, wat spesiaal vir die NG-gemeente se Hulpwerkers gereël is, gesê. “Die belangrikheid van diensbaarheid word bevestig deur die sentrale rol van die wet in die lewe van Israel, veral ook met verwysing na Ps 119.” Ds Van Dyk het ook daarna verwys dat die “diensknegtaak” wat in die Ou Testament op Israel geval het, in die Nuwe Testament in die eerste plek op die skouers van Christus val. “Christus se verlossingswerk word by meer as een geleentheid in die Nuwe Testament gesien teen die agtergrond van sy taak as dienskneg.” Indien mense dus na die identiteit van Christus sou vra, sou dit reg wees om te antwoord dat Hy by uitnemendheid ‘n dienskneg was wat vir ander bestaan en geleef het. Van Christus af loop die dienskneggestalte in die Nuwe Testament deur na die dissipels en die kerk. “Om dissipel te wees, is om te deel in die dienswerk van Christus in die wêreld en om deel te wees van die kerk, is om deel te wees van ‘n diensgemeenskap,” het ds Van Dyk die gesprek oor Hulpwerkers se diensbaarheid afgesluit. Die Hulpwerkers is daarna op gesellige wyse met tee en verversings onthaal as blyk van waardering vanuit die geledere van die Kerkraad en gemeente vir hulle onbaatsugtige opofferinge om diensbaar in die Koninkryk van God te staan.

Gewillige Hulpwerkers

Hardus Botha

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Simeon en Anna en Baba Jesus

Simeon en Anna en Baba Jesus

Maria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Webblad

NGK Gansbaai Webblad

Gedurende Oktober 2013 is ‘n “Proud Community Member” sertifikaat aan die NG Kerk Gansbaai oorhandig deur Candice Lombard, die Gansbaai Explore Gemeenskaps Bestuurder

NG Kerk Gansbaai
Gesins en Jeugbediening 2013

Gesins en Jeugbediening 2013

In 'n oogwink is nog 'n jaar verby - nog 'n jaar waarop ons met dankbaarheid kan terugkyk en ons Hemelse Vader eer vir al sy liefde en genade aan ons as mense bewys.  

NG Kerk Gansbaai
Vir die Jongspan :  die Kersverhaal

Vir die Jongspan : die Kersverhaal

Lank, lank gelede, voor daar  nog motors en vliegtuie was, het Josef en Maria na Betlehem gereis. Hulle het net ‘n donkie gehad waarop Maria kon ry as sy te moeg geraak het. Dan het Josef die donkie gelei.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

In afwagting om 'n ware Christusfees te vier, kon ons op Sondag 24 November 2013 deel wees van  die Kerssangdiens, wat die regte gees van Kersfees in ons harte laat ontwaak het.  

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Die NG gemeentelede van Baardskeerdersbos reël jaarliks ‘n Skaapkop-ete waartydens hulle saam met vriende en besoekers gesellig verkeer. 

NG Kerk Gansbaai