Skeie spat met Jukskei

Skeie spat met Jukskei

NG Kerk Gansbaai

Die jaarlikse NGK Jukskeitoernooi op Saterdag, 26 Oktober was weer eens met groot opgewondenheid gevul. Agt spanne met 4 spelers in elke span het mekaar die stryd aangesê - ‘n predikantespan en 7 streeks-spanne (32 spelers). Die predikante kon ongelukkig nie vanjaar saamspeel nie, maar hulle span is uit vrywilligers saamgestel: Deon Joubert, Lumbert Fick saam met Pieter en Toeks Moore, wat toe as die wenspan geëindig het.

Die res van die uitslae is soos volg: 2de - De Kelders 1; 3de - Franskraal 2; 4de - Kleinbaai 1; 5de - Franskraal 1; 6de - Kleinbaai 2; 7de - De Kelders 2; 8ste - Pearly Beach. Die suksesvolle toernooi is deur Dirk van der Westhuizen en Toeks Moore gereël en die spanne se sameroepers was ds Willie Kotze (predikante), Lukas Geldenhuys (De Kelders 1 en 2), Francia van Dyk (Kleinbaai 1 en 2), Toeks Moore (Franskraal 1 en 2) en John Swart (Pearly Beach).

Dit was ‘n “gemaklike” toernooi met reëls betreffende afstande wat gegooi is wat nie streng toegepas is nie en die wenners van die kompetisie is deur uitspeelwedstryde bepaal en nie deur die totale aantal punte nie. “Baie dankie aan Gansbaai Munisipaliteit, al die deelnemers en al die helpers wat almal daartoe bygedra het dat die toernooi weer eens suksesvol afgeloop het,” sê Toeks. 
 

Skeie spat met Jukskei

Hardus Botha

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Simeon en Anna en Baba Jesus

Simeon en Anna en Baba Jesus

Maria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Webblad

NGK Gansbaai Webblad

Gedurende Oktober 2013 is ‘n “Proud Community Member” sertifikaat aan die NG Kerk Gansbaai oorhandig deur Candice Lombard, die Gansbaai Explore Gemeenskaps Bestuurder

NG Kerk Gansbaai
Gesins en Jeugbediening 2013

Gesins en Jeugbediening 2013

In 'n oogwink is nog 'n jaar verby - nog 'n jaar waarop ons met dankbaarheid kan terugkyk en ons Hemelse Vader eer vir al sy liefde en genade aan ons as mense bewys.  

NG Kerk Gansbaai
Vir die Jongspan :  die Kersverhaal

Vir die Jongspan : die Kersverhaal

Lank, lank gelede, voor daar  nog motors en vliegtuie was, het Josef en Maria na Betlehem gereis. Hulle het net ‘n donkie gehad waarop Maria kon ry as sy te moeg geraak het. Dan het Josef die donkie gelei.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

In afwagting om 'n ware Christusfees te vier, kon ons op Sondag 24 November 2013 deel wees van  die Kerssangdiens, wat die regte gees van Kersfees in ons harte laat ontwaak het.  

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Die NG gemeentelede van Baardskeerdersbos reël jaarliks ‘n Skaapkop-ete waartydens hulle saam met vriende en besoekers gesellig verkeer. 

NG Kerk Gansbaai