Doep is nie dood nie aanbieding

Aandag alle nuwe besoekers in die Dorp. Vandag in Kleinmond - 14 Desember @ 20:00 gaan Jannie du Toit optree in die SHED met Susan Mouton op Tjello en Chanie Preis op klavier. Prys: R120.

Moet nie hierdie geleentheid misloop nie. Nog n paar kaartjies beskikbaar by die Toerisme kantoor of kom maak n draai by die Shed na 1uur vandag om vir jou kaartjies te kry.

Konsert begin 20:00 - Deure sal oopmaak vanaf 18:30 vir almal wat eers n bietjie wil kuier voor die tyd. Bring gerus vir julle n plattertjie met eetgoed saam. Kontantkroeg beskikbaar. Kurkfooi = R30.

Meer oor die konsert: Doep is nie dood nie is ’n eenman-aanbieding met teks- en musiekgrepe oor die lewensbeskouing en werk van Koos du Plessis. Koos is in Januarie 1984 op jeugdige leeftyd oorlede, maar sy nalatenskap bly ’n bron van wysheid en onsterflike musiek. Dertig jaar na sy afsterwe word dit in hierdie verhoogproduksie duidelik hoe lewend en relevant sy siening van die lewe steeds bly, hoe treffend sy liedkuns. Jannie du Toit, ’n groot vriend van Du Plessis, sit hiermee sy werk voort om Koos se musiek by ’n volgende geslag te laat voortleef. Hy verwesenlik ook ’n jarelange droom om ’n “eenmanvertoning” oor Koos se werk aan te bied. Hierdie produksie is nou reeds meer as 160 keer aangebied.
“Nostalgie gryp jou aan in die eerste oomblik van die produksie… Wanneer jy begin luister na Jannie du Toit se vertolking van net meer as 20 van Koos Doep se liedjies…weet jy daar is geen kans dat sy woorde sal sterf nie…”

Contact Details

  • Primary number Click Here
  • Email Click Here

Info

  • Address Click Here

Gallery

Map

Nearby Places