Ons is ‘n aktiewe klub van hierdie eg Suid-Afrikaanse sport. Kleinmond Jukskeiklub neem aktief deel aan ligawedstryde in die Overberg-distrik. Ons klub bestaan uit mans en dames van jonk tot oud. Die klub beskik oor goedversorgde bane en ‘n gerieflike klubhuis. Ons speel ook sosiale jukskei op Dinsdae en Donderdae. Begintye vir spel is 14:30. Die bane is ook beskikbaar op enige ander dag van die week, behalwe Sondae. Ons verwelkom graag besoekers van ander klubs asook persone wat graag hierdie wonderlike sportsoort wil aanleer. Ons beskik oor persone wat nuwelinge kan touwys maak en afrig.

Contact Details

  • Primary number Click Here
  • Email Click Here

Info

  • Address Click Here

Map

Nearby Places