Deur God, Die Bron Van Lig En Lewe, Lewe Ons

NG Gemeente Kogelberg is gelee in Kleinmond. Ons glo dat God ons roep om as Sy verteenwoordigers hier aan die voet van die Kogelberge te leef. Ons wil veral ons roeping uitleef op drie terreine wat uitdrukking vind in ons roepingsverklaring; Ons wil in die donkerte van die lewe draers van Sy LIG wees. Ons wil in die gebroke wêreld waarin ons leef verskilmakers wees met DEERNIS. Ons wil ook ambassadeurs wees van HOOP deur juis God se toekoms oop te breek.

Contact Details

Info

  • Operating Times Click Here
  • Address Click Here
  • Payment Methods Click Here
  • Cards Accepted Click Here
  • Currencies Accepted Click Here

Business Information

Waarin Glo Ons

Ons glo in GOD:

Die Vader wat alles geskep het en aan almal die lewe as genadegawe skenk; Die Seun wat die dood en duisternis deur die kruis oorwin het; Die Heilige Gees wat ons vervul met sy inwonende krag en ons lei tot lewens van geloof, hoop en liefde.

Daarom verbind ons ons elkeen om in nederige afhanklikheid elke dag God se ligdraers te wees deur met ons genadegawes:

  • God se Woord te bestudeer en te verkondig,
  • God se heerskappy te vier deur lofprysing en aanbidding,
  • mekaar onderling in liefde op te bou en te versorg
  • in die gebrokenheid van hierdie wêreld aktief diensbaar te wees

sodat Christus alles en in almal sal wees.

Gemeente Missie

Daarom verbind ons ons elkeen om in nederige afhanklikheid elke dag God se ligdraers te wees deur met ons genadegawes:

  • God se Woord te bestudeer en te verkondig,
  • God se heerskappy te vier deur lofprysing en aanbidding,
  • mekaar onderling in liefde op te bou en te versorg
  • in die gebrokenheid van hierdie wêreld aktief diensbaar te wees

sodat Christus alles en in almal sal wees.

Gemeente Visie
Ons wil voortdurend kyk wat ons visie beteken en onsself herinner hoe ons daarvolgens moet leef en dankbaar voor die Here juig oor aktiwiteite in ons gemeente wat dit bevorder.

Ons glo in God,
Die Vader wat alles geskep het en aan almal die lewe as genadegawe skenk

Die Seun wat die dood en duisternis deur die Kruis oorwin het

Die Heilige Gees wat ons vervul met sy inwonende krag en ons lei tot lewens van geloof, hoop en liefde.

Gemeente Fokus

Deur God, ons Bron van Lig en Lewe, lewe ons.

Van 2017 af is daar weer ernstig besin oor ons visie. Dit het vir die leierspan duidelik geword dat God nie sy visie vir die gemeente verander het nie. Al wat nodig is, is om nuut oor die fokusse van ons visie te dink.

Die volgende drie fokus-areas het die Here op ons hart gelê:

  • Her-lew(e)-ing
  • Verdieping
  • Versorging
Bank besonderhede

ABSA Bank

NG Kerk Kleinmond

322 015 0320

Verwysing: Waarvoor die fonde is

Map

Nearby Places