Wees paraat en versigtig op die vooraand van die aanvang van die 2021/2022 Brandseisoen
Op 1 Desember het die 2021/2022 Brandseisoen - op Engels Wildfire Season - afgeskop. Op 29 November was die brandgevaar indeks vir al die dorpe in die Overberg bokant 50%. Caledon kon spog met die hoogste persentasie “waarskynlikheid” naamlik 64% teenoor Bredasdorp en Swellendam met lesings van onderskeidelik 57 en 58%.
Al het dit gedurende die afgelope naweek weer baie gereën - soveel so dat 'n groot fietswedren, die 2021 Old Mutual Wealth Double Century, wat op Saterdag, 27 November op Swellendam sou plaasgevind het, gekanselleer moes word - weet almal wat die streek goed ken ook hoe vinnig en onvoorspelbaar veldbrande kan hand uitruk. Een oomblik stil en rustig en die volgende oomblik chaos.
Met die oog hierop, het Louise Wessels, die bestuurder van die Overbergse brandbestrydings agentskap, die goFPA - wat staan vir Greater Overberg Fire Protection Agency - 'n paar handige wenke aan inwoners en lede van die publiek deurgegee met 'n versoek om dit ter harte te neem.
1. Moet nooit aanneem dat iemand anders 'n brand, waarvan jy bewus mag raak, gaan rapporteer nie. Al rapporteer twee of meer mense dieselfde potensiële brand is dit beter as wat geen of laat kennisgewings die brandbestrydings agentskappe bereik.
2. Sorg dat alle belangrike kontaknommers asook noodnommers reeds op jou selfoon gelaai is, net vir ingeval. Wees dus voorbereid.
3. Loop lig vir vals nuus en onbevestigde gerugte, advies en/of kommentaar, veral op sosiale media platforms. Moet dit nie ter harte neem of deel alvorens bevestiging van betroubare bronne ontvang is nie.
Preparing for the Wildfire Season
Officially, the Wildfire season st starts on December 1. This is the season during which everybody - whether you are a local resident living on a farm or in a town or just visiting during the festive season - should be “wildfire ready”.
The following tips were forwarded by the manager of the Greater Overberg Fire Protection Agency (goFPA):
1. Do not assume someone else has reported a fire. If you do see smoke or fire, please report it. A quick response is vital to bring wildfires under control.
2. Save important telephone/cell numbers so you can get in touch with the fire departments and emergency services in the Overberg. Also call your neighbours.
3. Know which sources you can trust. In this regard, Louise Wessels warns against sharing information that has not been verified. Inaccurate information, advice, updates and opinions, can make it more difficult for fire fighters to do their job.