Blog

Vroue Uit Eie Grond

Vroue Uit Eie Grond

The Overberg Business and Lifestyle Magazine

VROUE UIT EIE GROND

Deur Ina Georgala

Om in Suid-Afrika 'n vrou aan die hoof van 'n boerdery te vind is amper soos om 'n Kaapse bergkwagga te gewaar – 'n baie ongewone gesig! Tog is daar 'n paar vroue in die Overberg wat stadig maar seker besig is om baanbrekerswerk op landbougebied te doen. Overberg Business and Lifestyle Magazine het by twee van hierdie ondernemings gaan inloer.

Dis 'n pragtige wintersdag toe ek by Suurbraak Aquaponics gaan besoek aflê. Hierdie bestaansboerdery is in Maart vanjaar in die klein dorpie Suurbraak net buite Swellendam begin deur ses vroue uit die plaaslike gemeenskap. Twee van die ses entrepreneurs – Reinette Heunis en Natasha Louw – wag my by hul kweekhuis hier aan die voet van die Langeberge in. Terwyl ons deur die kweekhuis stap, verduidelik hulle hoe hulle blaarslaai en ander groente vir die plaaslike mark deur middel van hidroponika verbou. 'n Gedeelte van die kweekhuis word ook gebruik om plantjies vir die hidroponika tenks en vir plaaslike gebruik te kweek.

Die groep beoog om eersdaags met akwaponika te begin. Swartbaars gaan in vier tenks geteel word en die water uit die vistenke word dan as plantvoer na die hidroponika tenke gepomp. Die vis gaan ook verkoop word. Dit is 'n baie effektiewe manier om die maksimum waarde uit beskikbare water te trek, vertel Reinette Heunis, die woordvoerder van die groep.

Wat Suurbraak Aquaponics so besonders maak, is dat dit die eerste keer is dat vroue uit een gemeenskap 'n projek aanpak. Dit het hulle reeds vanjaar 'n benoeming as bestaansboere van die jaar besorg. Volgens Reinette plaas die aandag wat hulle in die media gekry het asook uit hul eie gemeenskap, heelwat druk op hulle. "As ons nie 'n sukses hiervan kan maak nie, gaan ons nie net onsself teleurstel nie, maar die hele gemeenskap van Suurbraak,"sê sy.

Hulle doelwit is om oor drie jaar heeltemal volhoubaar te wees sodat al ses vroue 'n inkomste daaruit kan verdien. Dit sal hulle in staat stel om nog vroue – veral die jonger geslag – by die projek te betrek. Intussen reël hulle demonstrasiedae en opedae om 'n belangstelling in dié tipe boerdery aan te wakker.

Dit was nie 'n maklike pad om tot hier te kom nie. Toe die ses vroue – Edwena Fredericks, Natasha Louw, Siena Goliath, Marilee Conradie, Liza Ann Louw en Reinette - die eerste keer om 'n tafel die idee bespreek het, het hulle nie oor die fondse beskik om so 'n projek te begin nie. Net een van hulle was reeds by die kweek van groente betrokke, terwyl die res geen ervaring van boerdery gehad het nie. Hul grootste dryfveer was om self iets aan die werk- en kosskaarste in Suurbraak te probeer doen.

Die vroue was gelukkig om befondsing van die Breede-Gouritz Opvanggebied Bestuursentrum en die Trust vir Gemeenskapsdiens en Opvoeding (TCOE) te ontvang. Toe moes daar gesoek word na geskikte grond, wat uiteindelik saam met die Mawubuye Land Rights Forum geïdentifiseer is. Hulle het by die plaaslike regering aansoek gedoen om die kleinhoewe langsaan Suurbraak se kampeerterrein te huur. Reinette vertel hoe gelukkig hulle was om die grond te bekom, aangesien net drie van die meer as 60 kleinhoewes aan vroue toegeken is.

Met die befondsing wat bekom is, is hidroponika tenks, akwaponika tenks, skadunet en 'n besproeiingstelsel installeer en is die projek in Maart vanjaar amptelik van stapel gestuur. Al die vroue het in Junie by die Universiteit van Stellenbosch verdere tegniese opleiding gekry om 'n hidroponiese stelsel te bestuur en is nou vuur en vlam vir die uitbreiding na akwaponika wat op hulle wag. "Ons sien al ons goed op Woolworths se rakke," lag Reinette.

“Ons droom daarvan." In tussen lui die selfone kort-kort soos mense bel met bestellings vir pakkies blaarslaai of groenteplantjies. "Ons wag nou net vir die lente sodat ons kan begin met ons eie slaaipakkies met komkommer, tamatie, blaarslaai en kruie," vertel Reinette. Lede van die publiek is welkom on Suurbraak Aquaponics te ondersteun en bestellings kan geplaas word by Reinette by 0834022150 of Natasha by 0787937135.

Nog een van ons vroue-baanbrekers is Preline Swart. Sy is een van vier aandeelhouers in Swart Boerdery, 'n gemengde boerdery wat sy saam met haar man Ralph en twee stiefseuns, Leaan en Jacques, bedryf. Preline was eers 'n tuisversorger en haarkapper voordat sy 10 jaar gelede voltyds saam met haar man begin boer het op grond buite Elim wat hulle van die Morawiese Kerk huur. Die konvensionele rol wat gewoonlik aan boervroue toegeken word, was duidelik nie vir haar bedoel nie. "Ek is nie 'n boer se vrou nie, maar 'n boer," vertel sy waar ons vinnig in Bredasdorp oor 'n koppie koffie gesels. Dit was nie die geval in die beginjare nie. "Ek het letterlik niks van boerdery geweet nie en het ingeskryf vir elke boerderykursus wat beskikbaar was." Sy het goed gebruik gemaak van die opleidingsgeleenthede vir vroue wat deur die AgriSETA beskikbaar gestel is en gou uitgeblink as een van die topstudente.

Gewapen met die boekekennis wat sy opgedoen het sowel as die praktiese kennis wat haar man en seuns oorgedra het, het Preline vinnig opgang gemaak in die landbouwêreld. Die een  toekenning na die ander het gevolg, onder andere as Top-Presteerder in die Boerdery Ontwikkelingsprogram in 2015. Haar duidelike talent het ook die aandag van georganiseerde landbou getrek en sy is in 2016 as vise-voorsitter van Graan SA verkies, die eerste vrou om op dié organisasie se dagbestuur te dien. Om die enigste vrou in dié manswêreld te wees, is maar 'n opdraende stryd. "Dis 'n harde wêreld vir 'n vrou, want jy moet drie keer so hard werk om jouself te bewys." Sy moes redelik vinnig 'n dikvellige houding aanneem te midde van die landbou-sektor se binne-politiek. Om gehoor te word in vergaderings en in ander forums waar sy insette moes lewer, was ook 'n probleem. "Ek en my man sou dieselfde konferensie bywoon, dan sal die mans sý hand kom skud maar hulle erken my nie waar ek langs hom staan nie," lag sy. Preline sê dat daar nog steeds heeltemal te min vroue op landbou organisasies soos Overberg Agri se besture dien en dat vroue daarom min sê in boerdery beleid het. Saam met haar, haar mentor Jenny Matthews en Elfreda Mars was daar nog net drie vroue op Graan SA se bestuur gewees. "Ek glo vroue bring 'n sagter dinamika wat net tot voordeel van die landbou sektor kan wees. En dit het niks te doen met vroue se sogenaamde emosionele sy nie.”

Preline is 'n uitgesproke voorstander van 'n organisasie wat uitsluitlik die belange van vroue-boere op die hart dra. Beloftes van AgriSA om 'n platform vir vroue-boere te skep, het tot dusver nog niks opgelewer nie, sê sy. Intussen probeer sy in eie hoedanigheid landbou as beroeps- en sakegeleentheid vir vroue te bevorder deur byvoorbeeld praatjies by skole te hou. Swart Boerdery boer intussen volstoom vorentoe onder hierdie voorslag-vrou en haar man se leiding. Hulle het in die laaste paar jaar die plase Klipfontein buite Villiersdorp en Grootdam buite Stormsvlei aangeskaf en is hard besig met planne vir verdere uitbreidings aan hulle bestaande boerdery. Alhoewel Preline tot Maart 2020 nog op Graan SA se hoofbestuur gaan dien, beoog sy om daarna meer op haar gesin en die boerdery se administrasie te konsentreer. 'n Kankerdiagnose vier jaar gelede noodsaak haar om dinge 'n bietjie stadiger te vat. Tog is sy vol hoop en entoesiasme oor die toekoms. "Jy moet blom waar jy geplant is – al is dit onder moeilike omstandighede!"

Vroue Uit Eie Grond

The Overberg Business and Lifestyle Magazine

The Overberg Business and Lifestyle Magazine represents the interests of business owners in the Overberg by providing them with an online platform to effectively advertise and promote their businesses. Based in Struisbaai, The Overberg Business and Lifestyle Magazine has extensive experience in proj...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Villiersdorp!
Read More

Other Articles

Say Goodbye to Peeling Paint with DAMPCURE/SURFACE RESTORER!

Say Goodbye to Peeling Paint with DAMPCURE/SURFACE RESTORER!

Have you noticed any peeling paint in your home? 

Transform Your Space with Premium Satin Silk Paint

Transform Your Space with Premium Satin Silk Paint

Upgrade your space, one swatch at a time, with our Premium Satin Silk.

Watch How-to Videos from Prominent Paints!

Watch How-to Videos from Prominent Paints!

Looking to tackle a paint project but not sure where to start?

New Event Alert: Sew Together Bag Workshop

New Event Alert: Sew Together Bag Workshop

Louis, owner of Creative Notions and Bernina Overberg, swears by it: "How I lived without this bag I don’t know. It’s the perfect size."

Creative Notions
New Event Alert: Sew Together Bag Workshop

New Event Alert: Sew Together Bag Workshop

Louis, owner of Creative Notions and Bernina Overberg, swears by it: "How I lived without this bag I don’t know. It’s the perfect size."

Bernina Overberg
Durable crockery designed for high volume hospitality use!

Durable crockery designed for high volume hospitality use!

Our MAROLA range is used extensively in leading hotels and restaurants across Southern Africa.

See All Articles