HSB Top 10 Athletics

The Game Changer

High School Bredasdorp Top 10 Athletics is a prestigious national athletics event for High and Primary Schools taking place in the picturesque town of Bredasdorp in the Overberg. Only the top 10 distinct athletes from each school are invited to participate in the annual Top 10 meeting at HSB's supreme grass track and field facilities.

Click on 'More Info' below to find out more about HSB Top 10 Athletics.

Contact Details

  • Primary number Click Here
  • Additional number Click Here
  • Email Click Here

Info

  • Address Click Here

Business Information

BD’s Top 10 Atletiek Byeenkoms

BD’s Top 10 is ‘n atletiekbyeenkoms wat kompeterende geleenthede aan laer- en hoërskool atlete  op internasionale vlak bied.

BD’s Top 10 is in 1999 deur die huidige skoolhoof van Hoërskool Bredasdorp, Mnr. Muller Retief, begin. Met n nederige begin van 12 hoërskole – wat meestal klein skole van die omliggende dorpe was, het die byeenkoms gegroei na ‘n internasionale byeenkoms.

Die byeenkoms se doelwitte is nie net om kompeterendheid te stimuleer nie , maar ook om goeie lewenswaardes aan atlete oor te dra gedurende die byeenkoms. Familie-betrokkenheid is ‘n aspek wat BD’s Top 10 geidentifiseer het as ‘n geleentheid om waarde toe te voeg tot die byeenkoms en atleet.

Alhoewel die byeenkoms aanvanklik ‘n gekombineerde hoër- en laerskoolbyeenkoms was ,  het die organiseerders in 2013 besluit om ook aan laerskole ‘n eiesoortige Top 10 byeenkoms op die vorige dag aan te bied. In 2018 verwag ons dat 50 hoërskole en 30 laerskole  teenwoordig sal wees by die tweedaagse byeenkoms. Die atleet getalle sal in 2018 die 1500 merk oorskry.

Alhoewel die meerderheid van skole uit die totale Wes Kaap streek kom, het ons in 2017 5 skole vanuit Namibië wat aan die byeenkoms deelneem. Ons volgende groei area is skole uit ons noordelike provinsies wat absolute room van atletiektalent verteenwoordig. In 2017 sluit byvoorbeeld Grey Kollege van Bloemfontein by die byeenkoms aan.

Die uniekheid van die byeenkoms kan toegeskryf word aan die unieke ligging van Hoërskool Bredasdorp aan die suidste punt van Afrika. Die atletiekbaan word tans as die vinnigste grasbaan in Suid Afrika op hierdie stadium beskou. Dit word weerspieël in die kwaliteit tye , afstande en hoogtes wat jaarliks behaal word.

Goeie organiseringsvermoë, stiptelikheid en unieke byeenkomsatmosfeer word as sterkpunte geidentifiseer.  Leerders benut die geleentheid om ook opvoedkundige besoeke te bring aan o.a. Denel se missieltoetsbaan en natuurlik die kusdorpe Waenhuiskrans en Struisbaai aan die suidste punt van Afrika.

Weens die ongelooflike groei in atleet- en toeskouergetalle moet Hoërskool Bredasdorp sorg dat sy infrastruktuur en hulpbronne aanpas by die groeiende behoeftes. Dit bring mee dat die byeenkoms homself so moet posisioneer dat hy die belangstelling van atlete, ouers en toeskouers in ag neem , maar ook om korporatiewe borge se belangstelling  te vestig. Om laasgenoemde se aandag te behou bied ons dan ook uitstekende bemarkingsgeleenthede vir die spesifieke “brand”.

Die blootstelling vir ‘n borg lê daarin opgesluit dat jy die “brand” oor ‘n lewenstyd van agt jaar saam met die verbruiker kan laat groei. Saam met die familiekonsep raak die “brand name” nou relevant in ‘n hele huis. Van 10-jarige ouderdom kom die atleet persoonlik in aanraking met die betrokke maatskappy. Verskeie bemarkingsmeganismes word tydens die byeenkoms gebruik om maksimale blootstelling te gee aan die verskillende vlakke van verbruikers. n Huidige borg behaal sy grootste verkope van produkte by die byeenkoms a.g.v. ‘n mobiele winkel wat hy inrig tydens die byeenkoms.

Hoërskool Bredasdorp het die wil, kapasiteit en netwerk om die byeenkoms te laat groei na ‘n volwaardige nasionale , asook ‘n internasionale byeenkoms. Die atleet sy familie en toeskouers  is ‘n belangrike fokuspunt.  Die verbruiker het ‘n behoefte om geleenthede by te woon waar sy kind kompeterend kan presteer binne ‘n funksionele goedgestruktureerde byeenkoms. Ons het ‘n produk wat waarde ontsluit vir die verbruiker en vir ‘n borg.

BD’s Top 10 bied sy produk aan u om saam ‘n volhoubare toekoms vir Suid Afrika te skep .

Map

Nearby Places