9 Augustus 2024: Geskenk van Vrou-wees
AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum nooi jou uit om die geskenk van vrou-wees te vier saam met pastoor Emilia. ...
Die huidige AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum is in 2006 gebou.
“AGS staan vir Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika. Die AGS bestaan sedert 1908 en is die eerste en grootste Pinksterkerk in die land, met 1,4 miljoen lidmate in Suid Afrika en tans gevestig in 28 lande van die wêreld. Pinkster beteken dat dit 'n kerk is wat glo die Gees van God aan gelowiges gegee word om dinamiese en oorwinnende lewens te lei. Dit impliseer ook dat gelowiges die karakter, liefde en krag van hul Here, Jesus Christus, in hul daaglikse lewens kan demonstreer.
Die AGS kan deur twee onlosmaaklike kenmerke onderskei word: Die doop in die Heilige Gees en die Groot Opdrag [Mat. 28:19]. Ons het die Heilige Gees en Sy krag ontvang om missionaal te wees (Hand 1:8). Daarom verwys ons na ons gemeentes as apostoliese gemeenskappe en ons lede as apostoliese agente. Ons poog om ons hele kerk te inspireer en te mobiliseer om die hele evangelie na die hele wêreld te neem.
Die begeerte van die AGS is om ons samelewings te versadig met die teenwoordigheid van God en die beginsels van Sy Koninkryk. Ons uniekheid lê ook in ons diversiteit en akkommodasievermoë. Nie net is ons 'n mikrokosmos van ons diverse samelewing nie, iewers in ons 1800-plus plaaslike kerke sal jy 'n geestelike tuiste vind waar jy deel van die familie sal voel.” Dr H.J. Weideman (President van die AGS - Suid Afrika)
Die missie van die AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum is om God te verheerlik en die gemeente te bou op die volgende steunpilare:
“Jesus ons aas - siele ons vangs”
AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum se leier is Christo Stander.
Christo kom oorspronklik van Jan Kempdorp in die Noord-Kaap af, maar het vir die laaste vyf jaar Stilfontein se gemeenskap in Noord-Wes bedien.
Pastoor Christo is in Colesberg gebore en het in NWU, Potchefstroom sy B.Th. (Baccalaureus Theologiae met Bybel en Kerkbediening) gestudeer. Hy is as Pastoor in die AGS van SA georden in Mei 2018.
Pastoor Christo Stander het ‘n sterk finasiële agtergrond in bankwese en het deeltyds gestudeer terwyl hy gewerk het. Hy het ‘n passie vir mense en om hulle te wen vir Jesus en met Hom 'n verhouding te bou.
Pastoor Christo se missie is om Gansbaai te wen vir Jesus. Alle onliggende gemeenskappe is vir hom ewe belangrik. Maak nie saak waar jy vandaan kom, wat jou banksaldo is nie - jy is welkom by AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum.
Christo is baie lief vir musiek en speel baskitaar en dromme. Hy luister graag na Brooke Ligertwood.
Sy gunsteling predeker is TD Jakes.
As Christo nie by die kerk werkskaf nie is hy vreeslik lief vir kamp en visvang.
AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum se dienstye is as volg:
Sondag
Vrydag
AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum
Absa Bank,
Rek no 3220152188
Rekeninghouer:
AGS van SA
Verwysing: Tot watter fonds u bydra
“By die AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum kry jy voedsel vir jou siel. Kan dit ten sterkste aan beveel.” Susan Schonken
“AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum - Brothers and sisters in Christ!” Elmarie van Wyk
“AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum is a wonderful church with a wonderful atmosphere and wonderful people who make you feel welcome! A place to worship and receive food for your soul!” Belinda de Wet