190 ste Verjaarsdag van die Kerkgebou

Ons nooi al die mense van Elim en omliggende dorpe hartlik uit om saam met ons te kom kuier en feesvier! Kom ervaar die kultuur, kos, musiek en gemeenskapsgees wat hierdie dag so besonders maak.

Dis 'n viering van ons geskiedenis, trots en tradisies – en dit sal nie dieselfde wees sonder jou daar nie!

Kom maak deel van die storie. Kom vier Erfenis op die Elim-manier!

Contact Details

  • Primary number Click Here
  • Email Click Here

Info

  • Address Click Here
  • Payment Methods Click Here
  • Cards Accepted Click Here
  • Currencies Accepted Click Here

Business Information

Program

Elim Erfenis Fees – Vier ons ryk erfenis saam!

Ons nooi alle inwoners van Elim én omliggende dorpe hartlik uit om saam met ons hierdie spesiale geleentheid te kom vier! Kom geniet 'n week vol kultuur, gemeenskap, lekker kos en opwinding – 'n ware viering van wie ons is.

Hoogtepunte van die Feesprogram:

  • 25 Oktober: Mej. Erfenis Skoonheidskompetisie

  • 31 Oktober: Speletjies vir kinders by die Gemeenskapsaal & Disco by Elim Stoor

  • 1 November: Erfenisdag Feesviering

    • Optog met die Elim Drummies

    • Optredes deur gaskunstenaars

    • Stalletjies met plaaslike produkte en lekkernye

    • Teetuin vir 'n rustige kuier

    • Kultuurerfenis-uitstallings in die Erfenissentrum

  • 2 November: Spesiale Kerkdiens om 10:00 vm met 'n gasprediker, gevolg deur 'n Basuinkoor-optrede op die kerkplein

Kom dans, kuier en vier saam – hierdie is meer as net ’n fees, dis 'n familie-ervaring!

Map

Nearby Places