Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition
Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.

Die 2023 Mnr & Mej Hoërskool Hermanus (Hermie) se Kroningsfunksie op 27 Julie 2023 het tydens ‘n prestige-funksie plaasgevind. “Dit was een van die mooiste aande by ons skool,” het Nanette Ras, Bemarkingsbestuurder van die skool gesê. “Ons kinders het pragtig gelyk en hulle is ons trotse Hermie Ambassadeurs!” Nico Grobler het as Seremoniemeester opgetree en die gehoor is deur die baie talentvolle sangeres, Janke, vermaak.
Vier van dié beste beoordelaars moes die onbenydenswaardige en finale besluite neem: Cimone Petersen, Jay Thomas, Lara Hamman en die skool se Alumni-Hermie, Leolin Zas.
En die wenners is...
Lucion Louw - 2023 Mnr Hoërskool Hermanus en Mnr Persoonlikheid; Ilitha Tshutshumeza - 2023 Mej Hoërskool Hermanus en Mej Fotogenies, asook Sjampanjenooi vir Interskole; Christian van Zyl - 1ste Prins en Mnr Fotogenies; Mieke Wium - 1ste Prinses; Tamia Bouwer - 2de Prinses en Mej Persoonlikheid; Christiaan Swart - 2de Prins.
Selfs om as ‘n finalis tydens só ‘n prestige-geleentheid gekies te word, is op sy eie ‘n groot prestasie. Daarom meld die Gans-Berg Nuus graag al die finaliste se name (alfabeties):
Dogters - Anelet Botha, Bronwyn Gillion, Gene Cornelius (Gansbaaier), Hilga Nutt, Ilitha Tshutshumeza, Isabella Mulder, Marli Snyman, Mieke Wium, Suzaan van Oordt en Tamia Bouwer.
Seuns - Christiaan Swart, Christian van Zyl, Daniel Hanekom (Gansbaaier), Gustav Ladewig, Henrique Lourens (Gansbaaier), Liam Swart, Lucion Louw, Reon Sparkham, Ruan Higgs en Ryan Ingles.
“Dankie aan die wonderlike span wat, onder leiding van Juffrou Anja Marais as organiseerder hierdie prestige geleentheid suksesvol laat realiseer het,” het Nanette gesê. “Hulle is Lize Engelbrecht, Zaanru Fraser, Nadine Swart, Tracey Crause, Brandon Gouws en Nico Grobler as sermoniemeester, ons kon nie vir ‘n beter span gevra het nie!” Nanette het ook haar opregte waardering teenoor alle borge uitgespreek.
Die Gans-Berg Nuus wens graag die wenners van harte geluk, asook die organiseerders vir ‘n suksesvolle Hermie-Kroningsaand.
(Foto’s: Karli Geldenhuys van Gansbaai)



Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreHere’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.
Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!
This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.
This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.
From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...
Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...