Blog

Die jong Adré Kleyn se pad na sukses

Die jong Adré Kleyn se pad na sukses

Gans-Berg Nuus / News

Die jong Adré Kleyn se pad na sukses

Die Gans-Berg Nuus het vroeër vanjaar berig dat Adré Kleyn, een van drie 2022-matrikulante aan Hoërskool Hermanus, wat in 2023 as Top-Balletdansers gekroon is - met Ballet as ‘n 8ste vak in hulle matriekjaar. Nou is hierdie talentvolle eerstejaar deel van The Stage Performing Arts Studio se toergroep met die opvoering: Rooikappie and Wolf. Die doel hiermee is om studente geleentheid te bied om professionele produksies voor gehore op te voer. Adré speel een van die drie varkies, Ponkie en die regisseur is Yolande Rabe.

Rooikappie and Wolf - “Eens op ‘n tyd, tussen Ȇrens en Nêrens. Iewers op die randjie van die woud. Weerklink die woorde van ‘n verhaal, geken deur oud en jonk. Op die dorpie Nêrens word die storie vertel, as jy net vra. Van ‘n meisie wat ‘n Bloedrooi Mantel dra. Daar-en-dan, word sy Rooikappie gedoop. Maar wat sal die meisie op haar pad raakloop....” (Stet) Hierdie opvoering kan in Hermanus (middel September 2023), wat by die toerprogram ingesluit is, bygewoon word. Kaartjies is beskikbaar by info@thestage.co.za. 

Adré het verlede jaar in ‘n 5 uur lange oudisie by The Stage Performing Arts Studio geslaag, waar slegs 10 eerstejaars jaarliks aanvaar word. Nou is sy besig met haar Internasionale kwalifikasie (4 jaar) by The Stage, waar sy op die volgende dansstyle fokus: Ballet, Jazz, Kontemporêr, Modern en Tap, asook toegevoegde vakke vir afronding: Musical Theatre, Vocals, Drama en Hip Hop.

Maar gulde geleenthede soos hierdie kom nie sommer op ‘n skinkboord na ‘n mens toe nie. Harde vooraf werk en opofferinge is nodig. Adré het haar RAD (Royal Academy of Dance) ballet-eksamens op Intermediêre Vlak met meriete geslaag. Sy het intensiewe opleiding onder die bekwame hande van Marina Rautenbach (Marina’s Dance Education Centre) ontvang, wat ‘n gemiddeld van 92% vir hulle NSC eksamens gekry het. Die kurrikulum wat deur RAD gevolg word, laat hulle dansers aan die einde van matriek vir RAD-akkreditasie kwalifiseer, waarvoor hulle ‘n sertifikaat ontvang.

Adré se trotse ouers is Henn en Yvette Kleyn van Kleinmond. “Adré dans al die afgelope 14 jaar en het verskeie dansstyle oor die jare bemeester, soos Ballet, Jazz en Kontemporêr,” vertel Yvette. “Tydens die Covid-pandemie het sy ‘n volbeurs by Danslyn (Kyknet) ontvang om ‘n 6-maande aanlyn-danskursus te voltooi.” Dan het sy ook ‘n gedeeltelike beurs by die Joffrey Ballet School in New York ontvang om hulle Summer Intensive by te woon. Harde werk, sonder twyfel, maar Adré glo dat haar uiteindelike droom daardeur bereik sal word. Die Gans-Berg Nuus wens haar alle sterkte toe vir die toekoms. 

 
Hardus Botha
Die jong Adré Kleyn se pad na sukses

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...

Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate e...

Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...