Gans-Berg News - 9 October 2026
This week’s local news.

In gevolge ‘n aankondiging deur Overstrand Munisipaliteit, moet motoriste kennis neem van die sistematiese sluiting van strate in Hermanus vir die volgende twee maande - vanaf Maandag, 26 Februarie 2024 tot 19 April 2024, indien alles volgens plan verloop. Die padsluitings is nodig vir konstruksiewerk aan strate, asook opgraderings.
Gedeeltelike padsluitings is geskeduleer vir rondom die nuwe ‘Massbuild Retail/Builders Express’ gebou by die ou Sirkusgronde in Hermanus. Motoriste moet op enige gegewe tydstip bedag wees op bewegende toerusting, padwerkers en padvernouings. Die volgende strate word hierdeur geraak: R43 Hermanus Hoofweg, Mimosastraat, Mountainrylaan, Musselweg en De Goedestraat. Na gelang van weersomstandighede kan moontlike aanpassings met die sluit van strate gemaak word, maar ompaaie is reeds geïdentifiseer. Overstrand Verkeersbeamptes en padbeamptes kan moontlik ontplooi word om die situasie te monitor en die verkeer te reguleer om minimale ontwrigtings te verseker.
Overstrand Munisipaliteit waarsku dat hierdie gedeeltelike sluitings tot ontwrigting van normale reistye vir motoriste kan lei, wat vertragings tot gevolg kan hê. Motoriste word aangeraai om hul reistye dienooreenkomstig te beplan, die aanbevole alternatiewe roetes te oorweeg en te alle tye versigtig te wees wanneer hulle wel die strate gebruik.
Starte wat vir opgradering vanaf Maandag, 26 Februarie 2024 gesluit sal wees, is:
**Die inkomende laan (in die rigting van Hermanus CBD) vir die R43/Hoofweg tussen Mountainrylaan en De Goedestraat, sal vanaf 09:00 tot 15:00 gesluit wees.
**Musselweg sal tussen die bestaande Builders Express-gebou en die R43/Hoofweg gesluit wees.
**Mountainrylaan sal vir deurverkeer (slegs plaaslike verkeer) tussen Duikerstraat en die R43/Hoofweg gesluit wees. Let asseblief daarop dat dit níé die seinbeheerde kruising by Hoofweg / Mimosaweg / Bergrylaan is nie.
Die Munisipaliteit vra om verskoning vir enige ongerief wat gedurende hierdie tydperk veroorsaak sal word. Daar sal voortgegaan word om motoriste gereeld op hoogte van sake te hou, sodra nuwe inligting beskikbaar is.
(Bron: Engelse kennisgewing - Overstrand Munisipaliteit)
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s Gans-Berg Nuus / News brings together stories from across Gansbaai and the surrounding communities.
Check out the latest edition of the Gans-Berg Nuus / News here.
This week’s issue brings you local news, community stories and events from across the Gansbaai and Overberg area.
This week’s issue brings you local stories from across the community, including Laerskool Gansbaai’s 120th anniversary celebrations...
Stay up to date with the latest news, stories and happenings from Gansbaai and the surrounding Overberg area.