Sluiting van Hermanusstrate vir Twee Maande

Sluiting van Hermanusstrate vir Twee Maande

Gans-Berg Nuus / News

Image

Sluiting van Hermanusstrate vir Twee Maande

In gevolge ‘n aankondiging deur Overstrand Munisipaliteit, moet motoriste kennis neem van die sistematiese sluiting van strate in Hermanus vir die volgende twee maande - vanaf Maandag, 26 Februarie 2024 tot 19 April 2024, indien alles volgens plan verloop. Die padsluitings is nodig vir konstruksiewerk aan strate, asook opgraderings.

Gedeeltelike padsluitings is geskeduleer vir rondom die nuwe ‘Massbuild Retail/Builders Express’ gebou by die ou Sirkusgronde in Hermanus. Motoriste moet op enige gegewe tydstip bedag wees op bewegende toerusting, padwerkers en padvernouings. Die volgende strate word hierdeur geraak: R43 Hermanus Hoofweg, Mimosastraat, Mountainrylaan, Musselweg en De Goedestraat. Na gelang van weersomstandighede kan moontlike aanpassings met die sluit van strate gemaak word, maar ompaaie is reeds geïdentifiseer. Overstrand Verkeersbeamptes en padbeamptes kan moontlik ontplooi word om die situasie te monitor en die verkeer te reguleer om minimale ontwrigtings te verseker.

Overstrand Munisipaliteit waarsku dat hierdie gedeeltelike sluitings tot ontwrigting van normale reistye vir motoriste kan lei, wat vertragings tot gevolg kan hê. Motoriste word aangeraai om hul reistye dienooreenkomstig te beplan, die aanbevole alternatiewe roetes te oorweeg en te alle tye versigtig te wees wanneer hulle wel die strate gebruik.

Starte wat vir opgradering vanaf Maandag, 26 Februarie 2024 gesluit sal wees, is:

**Die inkomende laan (in die rigting van Hermanus CBD) vir die R43/Hoofweg tussen Mountainrylaan en De Goedestraat, sal vanaf 09:00 tot 15:00 gesluit wees.

**Musselweg sal tussen die bestaande Builders Express-gebou en die R43/Hoofweg gesluit wees.

**Mountainrylaan sal vir deurverkeer (slegs plaaslike verkeer) tussen Duikerstraat en die R43/Hoofweg gesluit wees. Let asseblief daarop dat dit níé die seinbeheerde kruising by Hoofweg / Mimosaweg / Bergrylaan is nie.

Die Munisipaliteit vra om verskoning vir enige ongerief wat gedurende hierdie tydperk veroorsaak sal word. Daar sal voortgegaan word om motoriste gereeld op hoogte van sake te hou, sodra nuwe inligting beskikbaar is.

(Bron: Engelse kennisgewing - Overstrand Munisipaliteit)

 
Hardus Botha
Sluiting van Hermanusstrate vir Twee Maande

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

641 Onwettige Perlemoen in Gansbaai

641 Onwettige Perlemoen in Gansbaai

Hierdie twee kollegas was onlangs besig met patrolliediens toe hulle ‘n klagte van sakke perlemoen ontvang.

Gansbaai Lions Versprei Vreugde aan Kleuters

Gansbaai Lions Versprei Vreugde aan Kleuters

kleuters deel opgewonde drukkies uit.

Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

“Vir my voel die braaiery vir hierdie reeks so al met die kus langs soos ‘n rustige vakansie,” het die bekende Jan Braai vir Gans-Berg Nuus gese.

Andrew Murray-Prys 2024

Andrew Murray-Prys 2024

Twee boeke uit die stal van Naledi wen gesogte literêre pryse.

Winter Jacket Donation Event in Gansbaai

Winter Jacket Donation Event in Gansbaai

Please consider donating your 'pre-loved' jackets that you no longer need and bring them during the month of May.

120 Truitjies en Hoedjies vir Herberg Kinderhuis

120 Truitjies en Hoedjies vir Herberg Kinderh...

Die Herberg Kinderhuis in Robertson is een van die NG-gemeente Gansbaai se ‘buite’-projekte.