Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition
This week's edition features important community news...
Die afgelope naweek se ‘Easter Doggy Fun Day’ op Saterdag, 30 Maart 2024 oorkant die Boathouse Pub & Grill in Gansbaai Hawe, was ‘n fees in die ware sin van die woord - ‘n gesellige en feestelike gesinsdag. Die inisiatief was dié van Charmaine Cooke, eienaar van Boathouse Pub & Grill en ‘n groot diereliefhebber. Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC) is deur Charmaine vir die feesdag genader en sy het ook die meerderheid van die reëlings vir die dag getref, insluitend ‘n lootjielys met ‘n Haaiduik-geleentheid wat deur Marine Dynamics geborg is - die gelukkige wenner was Piet Wessels van Kleinbaai.
Fees-aktiwiteite was in oorvloed: stalletjies, BARC se eie stalletjie en lyndansers, met die hoogtepunt die hondeskou. Pryse is vir die kleinste hond, die grootste hond en, glo dit of nie, vir die besgeklede hond oorhandig! Honde-eienaars het met hulle honde op ‘n rooi tapyt voor die beoordelaars gestap, met die honde wat net so trots soos hulle eienaars gelyk het. Eagle Security Services het ook ‘n interessante demonstrasie met hulle sekuriteitshonde aangebied.
Met dank aan Nols en Hannelie Jonas van BARC, asook aan Charmaine Cookevan Boathouse, kan dié dag ten bate van BARC as ‘n gesellige en suksesvolle dag ten bate van BARC beskou word.
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week's edition features important community news...
This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.
This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.
This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.
From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.
This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...