Belgian Couple's 2nd Visit to Masakhane
A Belgian couple, Chris Vleugels and his wife, Tessa, visited Gansbaai for a second time on Friday, 1 November 2024.
Klein River Cheese buite Stanford het hulself weer eens as bobaas kaasmakers bewys. Dit was tydens Agri-Expo se 191ste prestige Suid-Afrikaanse Suiweltoekennings-geleentheid in Durbanville op 25 April 2024 - met prestige toekennings wat onder andere aan Klein River Cheese toegeken is. Daar was ‘n rekordgetal van 1,029 inskrywings deur 78 produsente, 110 Suid-Afrikaanse Kampioene en 30 Qualité-toekennings wat gemaak is.
Die man met die breedste glimlag is Clement October (34), bekroonde Hoofkaasmaker van Klein River Cheese. Clement het tydens die kampioenskappe die groot eer ontvang om die eerste Inaugural Hollard Game Changer Award in te palm - en keer toe terug met ‘n tjek ten bedrae van R50,000, geborg deur Hollard - wat ‘n welverdiende voorreg wat Clement te beurt geval het! “Ek is daarop ingestel om my tegniese en artistieke kaasmaakkennis, asook vaardighede, uit te brei, veral op die gebiede van sensoriese evaluering, mikrobiologie en biochemie,” het Clement gesê.
Clement is al vir die afgelope 15 jaar deel van die bekroonde Klein River Cheese. Volgens Breyton Milford, Hoofbestuurder van Agri-Expo, is die Hollard Game Changer-toekenning ontwerp om jong individue, wat reeds beduidende vordering in die suiwelbedryf gemaak het, erkenning te gee en aan te moedig.
Clement het sy kaasloopbaan op die ouderdom van 19 begin en het vir 12 jaar onder die heel bestes in die kaasbedryf geleer - die afgelope 3 jaar het hy die span as Hoofkaasmaker gelei. Onder sy leiding het Klein River Cheese 8 Suid-Afrikaanse Toekennings, 3 Qualité-toekennings en 10 medaljes by die World Cheese Awards ingepalm. Hy het opleiding in kaas- en bottermaak voltooi en is op koers om sy omvattende 'Suiwelman: Ryp Kaasmaker' kwalifikasie te ontvang. Clement is ook verantwoordelik vir die kweek van nuwe talent as passievolle jeugontwikkelaars.
“Dit is ‘n groot eer en ‘n voorreg om hierdie toekenning te kon ontvang,” het Clement gesê. “Maar ek sou dit nie sonder my mentors kon doen nie, en ek hoop dat ek ander in die kaasbedryf sal kan inspireer, aangesien ek glo dat suiwel ‘n kragtige sektor is om verandering moontlik te maak.”
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreA Belgian couple, Chris Vleugels and his wife, Tessa, visited Gansbaai for a second time on Friday, 1 November 2024.
Gansbaai NG-gemeente vier vanjaar hul 80ste bestaansjaar - 1944 tot 2024...
It’s Fire Season in the Overberg and Overstrand areas again.
Ontspanne in Coffee Co in Gansbaai oor koppie filterkoffie lag en gesels mens op ‘n heel ander vlak met die mens Anton Goosen.
Ja-nee, dit was hoogtyd dat die Gans-Berg Nuus aan ‘personeel-uitbreiding’ begin dink het.
Die King of the Bay Kompetisie, waaraan 12 bote van omliggende boothengelklubs deelgeneem het...