Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition
Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.

Die skokmoord op die 16-jarige Gr 10-leerder van Overberg Hoërskool, Caledon, Deveney Nel, is reeds algemeen bekend. Deveney is op 7 Augustus 2024 met ‘n skerp voorwerp in haar nek en bors gesteek. Sy was aan diens saam met die Overberg se Noodhulpspan tydens ‘n rugby- en netbalsportdag tussen haar skool en Bredasdorp Hoërskool. Deveney se ma, Lida Nel en haar jonger suster, Jamie woon in Grabouw.
Na afloop van die sportdag is daar teen 18:00 onraad vermoed toe Deveney se saamryklub haar nie kon opspoor nie. Lida, haar ma, is gekontak, wat haar dogter dadelik as vermis aangegee het. Navrae is inderhaas op sosiale media gedoen vir iemand wat dalk iets kon gesien het en ‘n soekgeselsskap het die geboue en terrein gefynkam. Eers omstreeks 23:00 die aand is haar lewelose liggaam in ‘n stoorkamer langs die skoolsaal ontdek. Die vermoede bestaan dat Deveney na die mesaanval na die stoor gesleep is - bebloede sleepmerke vanaf die toilette naby die noodhulpkamer, het daarop gedui dat sy elders vermoor is. Die Beheerraad het vir berading aan die getraumatiseerde leerders gereël.
Gans-Berg Nuus het Brig Leon Hanana gekontak, wat die navrae na Adj.Off. Johan (Baksteen) Louw verwys het. AO Louw het vriendelik en behulpsaam op die navrae gereageer en die volgende kommentaar gelewer: “Die moordondersoek is tans in ‘n uiters sensitiewe stadium en enige inligting wat verskaf word, kan die ondersoek belemmer.” Hy het bygevoeg: “Ongelukkig word onbevestigde en selfs vals inligting op sosiale media versprei, wat groot verwarring en onsekerheid veroorsaak, asook oor en weer beskuldigings sonder enige gronde.” Die polisie ondersoek ook die moontlikheid van seksuele molestering. Verskeie onbeantwoorde vrae het na ‘wilde’ bewerings op sosiale media gelei. Selfs negatiewe opmerkings teenoor die polisie, ambulansdienste en die skool is geopper.
Deveney is allerweë as ‘n saggeaarde en vriendelike meisie beskryf en het ook as die “stil meisie met die poniestert” bekendgestaan. Die geskokte Lida het gemeld dat hierdie ‘n derde tragedie in haar lewe is: haar man, Jacques is 4 jaar gelede aan kanker oorlede en sy het haar pa ook sowat 3 maande gelede aan die dood afgestaan - nou is dit net sy en klein Jamie wat oorbly.
Die redaksie van Gans-Berg Nuus dra hul sterkte wense aan Lida en Jamie Nel oor, asook aan die familie, leerders en onderwysers - “wees verseker julle is by ons gebede ingesluit!” Verskeie koshuisleerders is van Gansbaai en Gans-Berg Nuus sal sy lesers en die gemeenskap op hoogte hou van enige nuwe verwikkelinge.
Met die ter perse gaan van hierdie berig was daar nog geen arrestasies nie. Adj.Off. Johan (Baksteen) Louw kan by 072 195 4594 geskakel word met enige inligting wat die polisie in hul ondersoek kan help.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreHere’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.
Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!
This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.
This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.
From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...
Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...